Nkandla-terugbetaling: Tesourie doen steeds berekeninge

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die Nasionale Tesourie het Donderdag gesê hy is sterk op pad om die finale bedrag te bepaal wat pres. Jacob Zuma aan die staat moet terugbetaal vir die opgraderings by sy private woning in Nkandla.

Die tesourie het in ʼn verklaring gesê die 60 dae om die bedrag te bepaal wat die konstitusionele hof einde Maart toegestaan het, is eintlik 60 werksdae en daarom het die tesourie tyd tot 28 Junie. “Die tesourie se werk om aan die konstitusionele hof se bevel te voldoen vorder goed en die departement sal die sperdatum haal,” lui die verklaring.

Pravin Gordhan, die minister van finansies, het in die verklaring gesê sy departement het reeds verskeie stappe en die assessering van die opgraderings afgehandel om die verslag voor te berei wat by die konstitusionele hof ingedien moet word. Die verslag sal ʼn volledige uiteensetting bevat van die werk wat by Nkandla gedoen is en die berekeninge waarvolgens die tesourie die vasgestelde teikenbedrag bepaal het.

Die konstitusionele hof het op 31 Maart vanjaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld terug te betaal wat aan nie-sekuriteitsopgraderings soos die beeskraal, amfiteater en swembad by sy woning bestee is. Hierdie bedrag en die redelike persentasie wat terugbetaal moet word, sal deur die Nasionale Tesourie bepaal word. Zuma het dan 45 dae ná die hofbevel uitgereik is om die geld terug te betaal.

Lees alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann Marx ·

As jy op die 8ste Desember 2015 die “regte” beleggings gemaak het, op die 9de Desember 2015 die Minister van Finansies afdank, jou “regte beleggings” oproep voor jy vir Pravin aanstel……het jy meer as genoeg geld gemaak om jou kaya se verbeterings te betaal…en nog geld oorgehou ook.

Plaasjapie ·

So dis hoekom Pravin Gordhan nou so baie spykers optel…..?

Ahooy ·

Klink vir my soos n Staatsdepartement. die twee maande is nou skielik drie maande.
Geen wonder nie. Hulle glo mos “die man moet die werk klaar maak, die werk moet nie die man klaar maak nie”. Ek dink die totale bedrag wat hy sal moet terugbetaal gaan iets soos : Seventy thousand three thousand four hunderd and ten sents wees.

Johann ·

Weereens verstaan ons nie. Hy…hulle weet al Laaaaaankal wat hy gest…geva…gegee is sonner dat hy gevra het. Maar nou dat hy die som moet UITSPREEK…het hy 45 WERKSDAE om te oefen om dit te sê! En 45 werksdae vir hom is wel….in aggenome dat hy nie n ideeeeee het van n werksdag nie…seker 450 kalender dae. En ek bedoel: sy finansieringsbronne binne en buite die staatskaste moet darm n fair kans kry om dinge te skuif om te kan betaal…

rudi ·

Jammer Madonsella se Verslag was so pateties. Enige persoon kon sien dat alles totaal maklik vier keer meer gekos het as wat dit moes. Die probleem is nie die goed wat nie sekuriteit is nie maar die miljoene wat geateel is

MJL ·

Dit is nogal jammer dat die Hof die gaping gelaat het vir misinterpretasie van die aantal dae. Is daar nie maar ander goed ook wat blootgestel is aan misinterpretasie nie?

Karma ·

Het die Hof uitdruklik GESÊ dit moet 60 WERKSDAE wees waarin die Ministerie van Finansies ‘n assessering moet maak van die “aansienlike persentasie” wat Zoompies moet terugbetaal, of word dit summier aangeneem? Ek sou reken dat dit uitdruklik GESÊ moes wees, anders is die aanname dat dit 60 kalender-dae heeltemal geregverdig. En is die 45 dae waarin Zoompies nou tyd het om die “aansienlike persentasie” van die geld terug te betaal nou 45 werksdae, of 45 kalender-dae? En wat is die “aansienlike persentasie” nou eintlik? 10%, 25%, 50% (ek glo nie dit sal meer as dit wees nie). Ek sê: basta! Hy moet alles terugbetaal. Gaan Google bietjie Nkandla Before Images – jy sal sien hoe ‘n lappie grond met so 7 uitmekaarval-rondawels, ‘n boma en grasdakhuis “beveilig” is tot daar ‘n sportgrond, beeskraal, hoenderkamp, brandpoel, ‘n klompie luukse rondawels en die groot huis, met die “bunker” op die perseel is. Verdeksels! Hy moet ALLES terugbetaal, die … skelm!!!

André ·

Die onderwerp is al holrug gery. Die arme donkie se bene gaan vou. Kom ons steek dit maar aan die brand. Dis mos mos die Afrika manier.

StopTheMadness ·

Swak politiek van die EFF en DA. Dit gaan nie hier oor die terugbetaling van geld nie, dit gaan oor veel meer. Die terugbetaling van geld gaan niks verander nie. Die openbare beskermer en die hof het verkeerd gehandel; a) As daar dan beslis is dat die president geld verskuldig is moes die hof n onafhanklike ouditeurs firma aangestel het om die bedrag te bepaal. Die hof moes dan n periode van 30 dae gegee het waarbinne die president die geld moes betaal en as hy versuim het moes hy opgesluit gewees het. So eenvoudig. Die probleem is dat die hof weet dat hy nie die mag het nie en dus besluite neem wat hy nie hoef uit te oefen nie.

Vicus ·

En jou eintlike punt is wat? Hoe kan jy sê die OB was verkeerd. Jou kop raas man!

Johan ·

Hoe lank kan dit vat om R14-34 se terugbetaling uit te werk

Jef ·

Gee Nkandla terug aan die belasting betalers en gee Zuma in ruil daarvoor n klein flat in die stad om in te woon.
Ons sien die geld wat Nkandla gekos het tog nooit meer terug nie, verander dit in n boerdery waar kinders die geleentheid kry om meer te wete te kom van boerdery lewe,diere versorging en n goeie ontwikkeling vir die kinders.
Die onderhoud en kos vir die diere neem Z vir sy rekening. se maar net.

Jef ·

In die ou dae het ek hulle n vaste R1 gegee maar hulle wou dit nie he nie, toe gee ek hulle honderd 1 sente toe vat hulle dit want dit was meer. Die denkwyse het nog nooit verander nie.

Willie ·

Wat was dit nou weer? 928 Billion and 3000 and 80000 o ja and 1c

Lance ·

Goeie jimmel hoe lank vat dit dan nou eintlik …sal anyway nie die bedrag verstaan of kan uitspreek nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.