Nkandla-toespraak: ‘Begin van Zuma se roemlose einde’

President Jacob Zuma tydens 'n vorige geleentheid in die parlement.  Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma tydens ‘n vorige geleentheid in die parlement. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die VF Plus het in reaksie op Zuma se toespraak Vrydagaand, oor die Nkandla-uitspraak, gesê dit is duidelik die president het geen werklike begrip van die erns of implikasies van die uitspraak nie.

Pres. Jacob Zuma het Vrydagaand gesê hy het nooit opsetlik bedoel om die grondwet te verontagsaam toe hy nie gehoor gegee het aan die regstellende stappe wat die openbare beskermer (OB) in haar Nkandla-verslag voorgelê het nie.

Zuma het die land om 19:00 op televisie en die radio toegespreek oor die konstitusionele hof se bevinding Donderdag dat hy persoonlik ʼn gedeelte van die staatsgeld wat aan nie-sekuriteitsopgraderings by sy private Nkandla-woning bestee is, moet terugbetaal. Lees meer hier.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê aangesien Zuma nie die erns van die uitspraak begryp nie, ag hy dit nie nodig om te bedank nie.

“Alles word afgemaak met ʼn verskoning en ʼn bereidheid om die bedrag wat bepaal word, te betaal,” het Mulder gesê.

“Die president is ook feitelik verkeerd as hy argumenteer dat hy van die begin af sy samewerking aan die OB gegee het. Sy kantoor het alles in hul vermoë gedoen om die OB te frustreer in haar pogings om die Nkandla-saak af te handel. Net een voorbeeld: tot op datum het die president nog nie op die 15 vrae van die OB oor die aangeleentheid geantwoord nie.”

Mulder het gesê dit is polities oneerlik vir die president om agter die onduidelikhede oor die ministeriële handboek, ten opsigte van veiligheidsmaatreëls vir lede van die uitvoerende gesag, te skuil. Na talle versoeke van die VF Plus oor die verbetering van die onduidelikhede in die ministeriële handboek, word dit berekend reeds vir etlike jare deur die regering vertraag.

“Uit die president se terugvoer is dit duidelik dat die sogenaamde top ses lede van die ANC nie die moed het om die regte ding in belang van Suid-Afrika, en toevallig ook die ANC, te doen nie. Die regte ding sou wees om die president te laat bedank en Suid-Afrika so ʼn geleentheid te gee om van hierdie gemors te herstel. Dit sou selfs ʼn positiewe uitwerking op die dreigende afgradering na rommelstatus gehad het.”

Hy het gesê Suid-Afrikaners moet hulle nou reg maak vir ʼn lang, uitgerekte en pynlike proses tot by president Zuma se bedanking. “Soos mnr. PW Botha van ouds, het president Zuma vanaand nie sy Rubicon oorgesteek nie. Tog sal die geskiedenis wys hoe vanaand die duidelike begin van sy roemlose einde is,” het Mulder bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Apie ·

Hel, hy moes lankal geval het. Hy is n skande vir die land en sy mense!

Wat-ek-lees ·

Hoe anders? Sy toespraak pas by hom en is seer sekerlik hierdie keer deur homself geskryf, net die ‘he he he’ ontbreek.

Mira ·

Hy is dan nou tog so “onskuldig”. My vraag is nou net. Was dit een van ons gewone landsburgers, wat sou dan gebeur het? Daar sou dadelik beslag gelê word op ons besittings en dit sou op openbare veiling verkoop word! Want ons durf nie ń hofbevel verontagsaam nie! Hy wat die sogenaamde leier van ons land is, is veronderstel om ń voorbeeld te stel. As dit die voorbeeld is wat vir ons voorgehou word, gaan ons darem lekker lewe. Maak skuld, vat goed wat ons noe toekom nie en as die paw-paw die fan tref, dan sê ons maar net jammer ons het nie geweet nie. Hy is ń patetiese skelm beeswagter wat van ons mense af openlik steel en daarmee wegkom!

Kaspaas ·

Nooit. Die ANC beskerm hom. Hou dop hulle gaan konstitusie verander dat hy 3 termyne bly.

Loeis ·

Hulle het nie ‘n tweederde meerderheid om die grondwet te wysig nie.

Pieter dp ·

Jamerlik moet ek toe gee dat ons eerbare burgers vèr in die minderhuid is om die golf van koripsie en self veryking teen te staan.

Die ANC het oopenlik erken en met trots ons mee ge deul dat ANC die eenigte instansie is wat hulle , die Prisedent en LPs . Daar is geen sprake van die land en sy mense nie.

Dis sal daar koripsie en on eer in die parlement heers onder die fandel van ANC en Zuma. Ek as berger sien hom nie meer as my Prisedent nie.

Leon ·

hy( ja, klein letters) was nooit en sal nooit my president wees nie. KHK

elize naude ·

@ pieter dp. ek neem aan jy is nie afrikaanssprekend nie…

Veritas ·

Elize Naudé. Ek sal nie praat as ek of my voorouers, mý van verkeerd gespel het nie.

Siestog ·

Niks wat hierdie liegbek en sy travante sê en doen skok my nie. ‘n Mens verwag dit van daardie tipe mens. Wat my bekommerd maak is die feit dat jy nie van hom en sy trawante gaan ontslae raak nie. Hulle het mos gesê hulle gaan regeer tot in EWIGHEID.

Siener ·

Ha ha… Dit is wat hulle dink. Lees bietjie die boek oor die visies wat Siener van Rensburg van die Here gekry het. Hy noem wel ook dat ons onder n swart gegering gaan wees en dat ‘n dom swart man ons president gaan wees. Maar dan kom die goeie nuus. Hy praat van ‘n ander regering in die Wes Kaap asook ‘n blou vlag in die Wes Kasp asook nog inligting wat julle maar moet gaan lees.

Ou Jaap ·

Is dit nie net maar ń geval van: Ek het nie geweet nie,ook nie gesien nie?

Veritas ·

Ek sê dit weer. Die ANC het hiermee weereens bevestig dat hulle nie die mag sal oorhandig indien hulle in ‘n algemene verkiesing, verslaan sou word nie. Ons lewe tans in ‘n diktatorskap waarin lede van die regerende party slegs as gewillige marionette, deur die diktator, gebruik word. Word wakker, daar bestaan nie meer iets soos ‘n demokrasie in Suid-Afrika nie.

Andrè Du Plessis ·

Dit is tog duidelik dat indien die top 6 hom uitlewer hulle almal benadeel sal word en moontlike tronkstraf in die fesig staar, hy het hom omring met diewe en sal nie maklik die sleutels van die staatskas oorgee nie,

HEVW ·

Ons moet die regte perspektief kry op die bree samehang van z se uitsprake en optrede. Hy kan nie anders wees en mag nie en wil nie anders wees as wat hy hom openbaar nie. D ie hele anc is teen hom opgerank, Hy verteenwoordig n massa van die bevolking wat die blanke ervaar as hul gesamendlike vyand. Hierdie opvatting het sy oorsprong aan die internasionalewerd waar sekere lande, ook westerse lande terwille, van politieke gewin n kloof geslaan het tussen swart en wit. In oorstemming met hierdie beskouing moet hy handel sodat sy volgelinge die uitwissing van hierdie gesamendleke vyand kan beleef. Hy verteenwoordig n koukus en n massa met die opvatting dat korrupsie n westerse konsep is. Hy verteenwoordig n groot % massa wat se lewens en wereld beskouing totaal indruis teen dit wat die westerse werel en Christendom beleef as beskaaftheid. Voorbeelde hiervan is die hoe vlak van misdaad, geweldadige betogings, korrupsie en wat geen besef toon van die estetiese en kuturele nie. So hy kan hom nie anders as om hom so aan die die lig te stel nie. Let wel ek veralgemeen nie maar n sekere % wat n massa is, is hier tersake.

Siener ·

Nou kom se gewese vrou ook nog terug vanaf UA. Julle weet wat dit beteken? “Keep it in the Zuma family”

Hendrik ·

Uit die aard van Zuma se onnoselheid is sy ooglopende oortreding vir hom nie ernstig nie. Hy leef in ‘n wereld van idiote.

Henk ·

Waar is jul geloof? God is in beheer,Nebukadneser het begin gras eet(vreet)die tou word net langer,hang,gaan hy hom self hang,intussen leer ons om nie ons oë op “prinse en konings te hou nie”
sterkte!!!

elize naude ·

@ henk jou respeklose houding getuig geensins van ń christen nie :-(

Manie ·

Die grootste Lafaard wat in beheer is van ‘n korrupte regering.
COWARD !!!!!!!! ???

jaco ·

gestel hy betaal ALLES terug, dan betaal hy dit uit sy salarisgeld van R3miljoen per jaar, wat ook maar belastingbetalers se geld is. So niemand wen eintlik nie.

elize naude ·

julle laat dit toe om uigebuit te word… wat doen julle wat hier jul frustrasie loslaat aktief en daadwerklik daaraan? is julle so eerlik? eerlikheid begin in die klein dingetjies wat niemand waarneem nie… vroeër was dit nie beter nie… net onooglopender…

Jean ·

Waar elders in die wereld word nog ‘n bevolking so gyselaar gehou as in SA? Sewe korrupte narre slaan die kitaar, terwyl 50 miljoen moet dans. Baie natuurlik heel gewillig, ander teen hul sin, maar steeds dans hulle!!

Simon ·

In Nederland verdien de Minister President M Rutte omtrent € 180.000 per jaar. Hy woon in een rijtjeshuis en ook hey het syn foute, mar hey steel nie van die bevolking nie. Hey het nie miljoene op sy bankrekening nie.
Hoekom Zuma is so ryk geraak.?
Ek denk hey en sy cornuite steel SA leeg.
Suid Afrika gly af naar een derde wereldland.
Ek is jammer vir die arm bevolking van SA.

hester ·

Met n vel soos n renoster en n brein soos n volstruis, kan mens niks beter verwag nie. Ons land is n bespotting vir die hele wêreld. Behalwe sy kollega, Mugabe. Hy Sal nog val, of hy wil of nie.

Lourens ·

Zuma sou lankal geval het as ons ‘n ware demokratiese bestel in SA gehad het, maar ons sit opgeskeep met ‘n “demobkrasie”, want “mob rule” is die enigste grondwet wat die ANC verstaan. Kyk ook verder watter sleutel aanstellings deur Zuma alleen gemaak mag word en hoe die ANC strukture aangewend word om die demokrasie te ondermyn, dan is dit duidelik dat Zuma nie demokraties gaan val nie, maar eerder – indien ooit – nadat die ANC ‘n bedenklike, ondemokratiese proses bekook het.

Jef ·

Simon jy vergeet een ding ,as Nederland so aangaan met hulle manier van regeer dan is daar oor n jaar of 5 meer moslims dan blankes, Nederland gaan dieselfde pad volg as SA , kyk en vind uit hoe dit rerig in jou Nederland aangaan voordat jy iets se oor SA.

Loli ·

Wat nogal opvallend van die toespraak was, na 24 tot 32 woorde was daar na die volgende blad omgeblaai. wonder toe net hoe groot die letters geskryf was.

Florence Taljaard ·

Ek voorspel dat meneer die President baie siek gaan word as gevolg van die stress en dan voortydig gaan aftree.

Joann ·

Maroela hoekom plaas jul nie my kommentare nie????????? Is ek te kommen??????

Koos ·

Ek lees in ander kommentare dat mense wil weet wie gaan nou die geld kry wat hy moet terug betaal. Kommerwekend, as oud fin bestuurder in Staat is dit beleid en volgens wet om n reeks fin procedures te volg om sodoende seker te maak datgeld gevorder word. Dit verseker ook dat met end boekjaar verslag gelewer word oor spesifike aangeleenthede. Indien dit nie gedoen word nie is dit maar net n verdere verskansing om bedrog te pleeg. Die einde van die saak is dit is staatskas geld en kan nie uitgedeel word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.