Mmusi Maimane, die leier van die DA, het gesê die briewe, wat veronderstel was om die ministers te berispe vir hul aandeel in die wanbesteding van fondse in die veiligheidsopgradering van Nkandla, is geensins ʼn teregwysing in die normale begrip van die woord nie.
“Hierdie briewe beklemtoon pres. Zuma se arrogante weiering om te aanvaar hy het enigsins iets verkeerd gedoen. Die briewe berispe nie die ministers spesifiek vir hul onaanvaarbare misbruik van openbare fondse, of vir hul rol oor ʼn paar jaar waarin hulle probeer het om die feite weg te steek en die president die beskerm teen verantwoordbaarheid nie,” het Maimane gesê.
“Die teregwysing was veronderstel om spesifiek van aard te wees en te spesifiseer wat elke minister verkeerd gedoen het. Geen Suid-Afrikaner sal hierdie briewe as ʼn tugbrief beskou nie. Dit is ʼn belediging vir die publiek en Pres. Zuma maak weer ʼn fout as hy dink dit is nou die einde van die saak.”
Maimane het gesê die party sal hul regspan raadpleeg om te hoor of die briewe genoegsame teregwysing is, soos deur die Openbare Beskermer aanbeveel is. Indien nie, sal die DA verdere stappe teen Zuma neem, het hy gesê.
Die konstitusionele hof het Zuma vroeër vanjaar verplig om te voldoen aan die regstellende stappe soos uiteengesit in Thuli Madonsela, die openbare beskermer, se Nkandla-verslag. Een van hierdie stappe was om die ministers, wat by die Nkandla-projek betrokke was, op ʼn gepaste wyse aan te spreek oor hul hantering van die projek.
Die presidensie het Vrydag gesê briewe is gestuur aan Thulas Nxesi, minister van openbare werke, Geoff Doidge, Nxesi se voorganger en nou Suid-Afrika se hoë kommissaris in Sri Lanka en Nathi Mthethwa, voormalige minister van polisie en huidige minister van kuns en kultuur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Wat dink NR1 van van homself? Hy is seker die eenste een met ‘n bietjie verstand.
Volgelinge eet alles vir soetkoek om en vra vir meer.
Kammeraad 1 sal nooit sy pêlle drop nie, want dan kom al sy skandes uit. Hy dink seker ons het almal graad 3.
Kammeraad 1 sal nooit sy pêlle drop nie, want dan kom al sy skandes uit. Hy dink seker ons het almal graad 3.
Die onoselgeid het been perke nie, hy het geen idee waarmee hy besig is nie ons foeter al dieper die afgrond in
Sal nommeŕ 1 asb verduidelik hoe hulle alles so weģsrteek.