‘Nkandla-tugbriewe is ʼn grap’

Die tugbrief wat pres. Jacob Zuma aan die ministers gestuur het. Foto: Twitter via @Our_DA

Die tugbrief wat pres. Jacob Zuma aan die ministers gestuur het. Foto: Twitter via @Our_DA

Die DA het Sondag die tugbriewe, wat pres. Jacob Zuma aan die ministers gestuur het wat by die Nkandla-opgraderingsprojek betrokke was, as “ʼn grap” bestempel.

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het gesê die briewe, wat veronderstel was om die ministers te berispe vir hul aandeel in die wanbesteding van fondse in die veiligheidsopgradering van Nkandla, is geensins ʼn teregwysing in die normale begrip van die woord nie.

“Hierdie briewe beklemtoon pres. Zuma se arrogante weiering om te aanvaar hy het enigsins iets verkeerd gedoen. Die briewe berispe nie die ministers spesifiek vir hul onaanvaarbare misbruik van openbare fondse, of vir hul rol oor ʼn paar jaar waarin hulle probeer het om die feite weg te steek en die president die beskerm teen verantwoordbaarheid nie,” het Maimane gesê.

“Die teregwysing was veronderstel om spesifiek van aard te wees en te spesifiseer wat elke minister verkeerd gedoen het. Geen Suid-Afrikaner sal hierdie briewe as ʼn tugbrief beskou nie. Dit is ʼn belediging vir die publiek en Pres. Zuma maak weer ʼn fout as hy dink dit is nou die einde van die saak.”

Maimane het gesê die party sal hul regspan raadpleeg om te hoor of die briewe genoegsame teregwysing is, soos deur die Openbare Beskermer aanbeveel is. Indien nie, sal die DA verdere stappe teen Zuma neem, het hy gesê.

Die konstitusionele hof het Zuma vroeër vanjaar verplig om te voldoen aan die regstellende stappe soos uiteengesit in Thuli Madonsela, die openbare beskermer, se Nkandla-verslag. Een van hierdie stappe was om die ministers, wat by die Nkandla-projek betrokke was, op ʼn gepaste wyse aan te spreek oor hul hantering van die projek.

Die presidensie het Vrydag gesê briewe is gestuur aan Thulas Nxesi, minister van openbare werke, Geoff Doidge, Nxesi se voorganger en nou Suid-Afrika se hoë kommissaris in Sri Lanka en Nathi Mthethwa, voormalige minister van polisie en huidige minister van kuns en kultuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

DPJ ·

Wat dink NR1 van van homself? Hy is seker die eenste een met ‘n bietjie verstand.
Volgelinge eet alles vir soetkoek om en vra vir meer.

Wikus ·

Kammeraad 1 sal nooit sy pêlle drop nie, want dan kom al sy skandes uit. Hy dink seker ons het almal graad 3.

E ·

Stem, die paai is lekker groot en die wat dit proe kan nie genoeg kry nie.Cover vir mekaar.

Wikus ·

Kammeraad 1 sal nooit sy pêlle drop nie, want dan kom al sy skandes uit. Hy dink seker ons het almal graad 3.

Koos ·

Die onoselgeid het been perke nie, hy het geen idee waarmee hy besig is nie ons foeter al dieper die afgrond in

Wikus ·

Sal nommeŕ 1 asb verduidelik hoe hulle alles so weģsrteek.

patrys ·

Ek is stomgeslaan!
Of nee, ek moenie wees nie. Jacob Zuma kyk hoe ver hy kan gaan met sy vermetelheid! Vir mense met waardes en norme is dit absolute verregaande vermetelheid! Wat dit so skokkend maak is dat hy daarmee wegkom, inteendeel hy word toegelaat om met alles weg te kom. Hy dink hy is onaantasbaar! Dit kán mos nie verder toegelaat word nie!!!

Otter ·

Perd kan jy na water lei, maar maak drink kan jy hom nie. Ek dink hofbevel moes meer spesifiek wees. ‘Beduidende’ bedrag is oop vir interpretasie. Liewer sê ‘n Randbedrag of iets soos 50% van onkostes (100% klink vir my reg). Miskien moes hof beveel het dat die medepkigtige ministers ok boetes van spesifieke (groot) bedrae betaal.

Chris ·

Daai nommer 1 het dalk graad 3 maar waaragtig as dit kom by draaie hardloop om sy kiesers. Hy kon maklik die “beste ” senter in die sprinkbok span gewees het.

Veritas ·

Kan iemand my asb sê waar ek van die Konstitusionele toiletpapier kan koop. Smaak my ‘n mens kan jou lekker daaraan afvee.

Andrea van Vuren ·

Hoe slaap no 1 in die nag? Het hy ‘n gewete of het hy geen ontwikkelde morele waardes nie?

PJ ·

Netso Veritas met beste grondwet en al in die wèreld lyk nie die hof het “tande” nie

humor ·

Hy sal maklik n tugbrief skryf, maar agterop skryf:”Onthou kamred dit is nie rerig nie.”

Lance ·

Jz het geen skaamte nie ….wat dink die wereld van SA. Sy kiesers verbaas my ook ….skandaal op skandaal en nogsteeds sien hulle niks verkeerd nie… hoe blind en dom moet mens dan nie wees nie….baie scary ……ons verdien junk status

Lance ·

Jz het net geen skaamte nie ….wat dink die wereld van SA. Sy kiesers verbaas my ook ….skandaal op skandaal en nogsteeds sien hulle niks verkeerd nie… hoe blind en dom moet mens dan nie wees nie….baie scary ……ons verdien junk status

Ben Prinsloo. ·

Die brief is nie eers die papier werd waarop dit geskryf is nie. Sy mentaliteit en verwaandheid het geen perke nie.

Lola ·

Wys net hoe min insig het die man dis nie n tug/reprimand brief Big joke-dink hy rerig ons is so dom??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.