Nkandla-tuin kos R16 miljoen

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Die ontwerpte tuin by president Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal het R16 miljoen gekos, het Beeld Maandag berig.

Volgroeide bome is teen R7 500 per boom vir die tuin aangeskaf en daar is ook 12 beskermde broodbome wat R5 500 elk gekos het. Die totale koste van al die bome in die Nkandla-tuin het R1.6 miljoen beloop.

Ander kostes wat aangegaan is, sluit plaveisel, beligting en ʼn besproeiingstelsel in.

Dié inligting is vervat in hofdokumente wat by die Pietermaritzburg-hooggeregshof ingedien is in ʼn siviele eis van R155 miljoen teen Minenhle Makhanya, Nkandla se argitek.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het bevind dat pres. Jacob Zuma verryk is deur staatsgefinansierde opknappings by sy huis in Nkandla, maar beskuldig die argitek vir die verlies van miljoene omdat die projek tot “onaanvaarbare uitspattigheid” verhef is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

i botes ·

Daar is nie regtig n tuin nie net gras – en n paar doring bome – dit is absurb …..

alet ·

Met al sy bome kon hy n paar van ons elke n miljoen gegee het dan het n paar voordeel uit dit gekry.Die ou synige ou he’ll ek stuur iemand om die bome uit te haal om dit te verkoop hahaha. Hoe ry die trein die paleis trein

Elizabeth ·

“beskermde broodbome” – ek hoop nie dis nou net uit die natuur verwyder vir sy “plesier/status” nie. Hoop dis gekweektes?? Dis alles in elk geval ‘n spul twak, ek weet van hope plekke waar mens groot bome baie goedkoper kan koop – ek WED julle dis sommer êrens uit die natuur uitgehaal en toe aan hom “verkoop.” Wat weet hy van tuinmaak en waardering van plante in elk geval – jy kon sommer ‘n paar vals Vodacom”palmboom” torings ook gaan indruk en hy sou glo dis die ware Jakob!

Elfie ·

Ek sou wou sien dat elke liewe boom en plant se koste gelys word en opgetel word en dan sien ons waar is meeste van die miljoene heen – SEKERLIK nie aan plante gespandeer nie, maar weer een of ander skelm BEEEEEEE spul of Zuma vriende wat nou stinkryk geword het.

snip ·

net jammer hulle het vergeet om miljoene uit te haal om die “stortkop” te vervang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.