Nkandla-verslag binnekort verwag

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Die Openbare Beskermer het Donderdag gesê die verslag oor opgraderings aan pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning sal binne twee weke vrygestel word.

“Advokaat Thuli Madonsela sal haar finale verslag oor die ondersoek rakende bewerings van onbehoorlike gedrag en wanadministrasie wat verband hou met opgraderings en sekuriteitinstallasies by Nkandla op 19 Maart beskikbaar stel,” het Kgalalelo Masibi, woordvoerder van die OB, gesê.

Meer as R200 miljoen is glo aan sekuriteitsopgraderings by Zuma se privaatwoning in KwaZulu-Natal spandeer.

Die Mail & Guardian het in November berig dat Madonsela in haar voorlopige verslag bevind het dat Zuma die parlement mislei het en ruim voordeel getrek het uit die opgraderings. ʼn Inter-ministeriële taakspan se verslag, wat in Desember vrygestel is, het bevestig dat R206 420 644 aan die opgraderings spandeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.