Alle oë is vandag op die parlement gerig om te sien of president Jacob Zuma kommentaar gaan lewer op die Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer, adv. Thuli Mandonsela.
JacarandaFM het Woensdag berig dat Zuma nie self die parlement hoef toe te spreek nie, maar dat ʼn brief van sy prokureur oor die aangeleentheid voorgelees kan word.
Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, het aan die uitsaaier gesê die president sal volgens wet by die sperdatum hou en daarop ag slaan. Hy wou egter nie veel uitbrei oor wat Zuma se reaksie gaan wees nie.
Madonsela het haar finale verslag op 19 Maart bekend gemaak. Sy het bevind dat Zuma en sy familie ruimskoots voordeel getrek het uit die opgraderings ter waarde van R246 miljoen aan sy privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Bron: JacarandaFM