Nkandla-verslag: DA en EFF doen strafregtelike stappe teen Zuma

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het bekend gemaak dat hulle Donderdag strafregtelike stappe teen president Jacob Zuma gaan doen.

Die Openbare Beskermer (OB), adv. Thuli Mandonsela, het Woensdag tydens ʼn perskonferensie haar ondersoek oor opgraderings by Zuma se privaatwoning in Nkandla in KwaZulu-Natal bekend gemaak. Die 443 bladsy lange verslag het bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik voordeel getrek het uit die opgraderings van R246 miljoen van belastingbetalers se geld. Die opgraderings is as sekuriteitsopgraderings beskryf.

Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat in Gauteng, sal Donderdag die klag by die Nkandla-polisiekantoor teen Zuma indien. Die party sal daarna die media voor die president se privaatwoning toespreek. Die DA het intussen ook met ʼn petisie begin wat versoek dat die president vervolg moet word. Klik hier vir meer inligting.

Volgens die DA is vervolging die “korrekte plan van aksie” vir die “blatante misbruik van openbare geld”.

Julius Malema, leier van die EFF, gaan Donderdag strafregtelike klagte by die Hatfield-polisiestasie in Pretoria aanhangig maak.

Die ANC sou Woensdagmiddag kommentaar gelewer het op Madonsela se verslag, maar het later aangedui dat hy Donderdag ‘n mediakonferensie sal hou.

Lees Maroela Media se omvattende nuuskommentaar oor die OB se verslag hier.

Lees ook:
Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’
DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla
Nkandla-verslag vrygestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.