Nkandla-verslag nog nie ingedien

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die parlement het nog nie Nathi Nhleko, minister van polisie, se langverwagte verslag oor of pres. Jacob Zuma ʼn gedeelte van die geld wat op opgraderings by sy Nkandla-woning bestee is moet terugbetaal, gekry nie.

Die parlement het in ʼn verklaring gesê daar is ooreengekom om ʼn gesamentlike ad hoc-komitee saam te stel om die verslag te prosesseer wanneer dit ontvang word. Die komitee sal bestaan uit lede van die Nasionale Vergadering en van die Nasionale Raad van Provinsies.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het verlede week gesê sy is in kontak met adj.pres. Cyril Ramaphosa oor die saak aangesien hy die leier van regeringsake is.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede jaar in haar verslag oor Nkandla bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die opgraderings en dat hy ʼn gedeelte daarvan moet terugbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gert van der Merwe ·

Die kommie taktiek van uitstelkom afstel. Hulle wil nou eers alles wat waar is uit die verslag verwyder dan dit aan pers gee en Zuma soos n engeljie laat lyk.

Theresa ·

Ek stem saam – hiervan gaan niks kom nie. Dit gaan stil-stil in file 13 beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.