Die parlement het in ʼn verklaring gesê daar is ooreengekom om ʼn gesamentlike ad hoc-komitee saam te stel om die verslag te prosesseer wanneer dit ontvang word. Die komitee sal bestaan uit lede van die Nasionale Vergadering en van die Nasionale Raad van Provinsies.
Baleka Mbete, speaker van die parlement, het verlede week gesê sy is in kontak met adj.pres. Cyril Ramaphosa oor die saak aangesien hy die leier van regeringsake is.
Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede jaar in haar verslag oor Nkandla bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die opgraderings en dat hy ʼn gedeelte daarvan moet terugbetaal.
Die kommie taktiek van uitstelkom afstel. Hulle wil nou eers alles wat waar is uit die verslag verwyder dan dit aan pers gee en Zuma soos n engeljie laat lyk.
En ons almal WEET daar gaan niks van kom nie!!!!!!!
Ek stem saam – hiervan gaan niks kom nie. Dit gaan stil-stil in file 13 beland.
Dink jy dit gaan ek dink dit het
Ha ha ha!!!!.Watter verslag?????????