Nkandla-verslag: OB reageer op kritiek

Adv. Thuli Mandonsela op 19 Maart 2014 toe die Nkandla-verslag vrygestel is.

Adv. Thuli Mandonsela op 19 Maart 2014 toe die Nkandla-verslag vrygestel is.

Thuli Mandonsela, die Openbare Beskermer, sê ANC-leiers val haar aan oor die Nkandla-verslag sodat hulle winsgewende werksgeleenthede ná die verkiesing kan kry, het The Star berig.

“Ek het geleer om te aanvaar dat mense doen wat hulle dink hulle moet doen,” het Mandonsela gesê. “Dit is verkiesingstyd, en ná die verkiesing moet die mense in posisies geplaas word.”

Stone Sizani, die ANC se hoofsweep, het Mandonsela Woensdag beskuldig dat sy haar hand oorspeel het met die verslag. Hy het gesê Mandonsela was verplig om eers haar verslag aan die parlement voor te lê en dan te wag vir ‘n presidensiële reaksie. Sy het haar aanspreeklikheid teenoor die wetgewer verontagsaam.

Mandonsela het in reaksie daarop gesê dat sy slegs wetgewing gevolg het. Sy het aan die koerant gesê dat sy die party vergewe vir hul uitlatings. “Ek vergewe hulle, want ek weet dit is nie persoonlik nie. Dit gaan oor bewaring, omdat Sizani die waarheid ken.”

Madonsela het haar finale verslag op 19 Maart bekend gemaak. Sy het bevind dat Zuma en sy familie ruimskoots voordeel getrek het uit die opgraderings ter waarde van R246 miljoen aan sy privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Daan ·

Die spul moreel korruptes het geen denke ( of lus ) vir introspeksie nie. Gedrag herinner aan die lot besk’s in resente moordsake: – Hul besit eenvoudig nie die vermoe om besit te neem van hul kriminele aanspreeklikheid nie.
Soos n goeie psigopaat betaam moet almal en alles om hulle die blaam dra. En hoekom nie? Die jaar is nog lank en die trogbakke is dik geskep. Oink-oink. Slurp-slurp.

Theresa ·

Kon dit nie beter beskryf het nie. Boere word op hul plase vermoor en die president speel “pool” om shine te vang. Kryp gat vir die vale maar het nog nie eers ‘n 10de van verlede keer se beloftes voltooi nie. Gaan my verstand te bowe dat die spul nogsteeds hom glo en volg….. Wys jou net – Monkey see, monkey do………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.