Nkandla-verslag: Opposisie se pogings tevergeefs

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Opposisiepartye het Dinsdag vergeefs probeer om ʼn mosie in die parlement te laat slaag om Nathi Nhleko, minister van polisie, se Nkandla-verslag omvattend onder die loep te neem.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het ʼn wysiging voorgestel aan die ANC se mosie dat ʼn ad-hoc komitee op die been gebring moet word om Nhleko se 50 bladsye verslag te bestudeer. Maimane het versoek dat die komitee beveel word om Nhleko se verslag saam met Thuli Madonsela, openbare beskermer, se Nkandla-verslag te bestudeer. Hy het verder versoek dat pres. Jacob Zuma, Madonsela en Nhleko voor die komitee moet verskyn.

“Dit is absoluut noodsaaklik dat ons die president van die republiek, die openbare beskermer, die minister van openbare werke en die minister van polisie ontbied om voor die komitee te verskyn. Almal het al iets gesê behalwe die president. Hy moet kom.”

Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, het gesê sy party sal nooit Nhleko se verslag aanvaar nie aangesien die openbare beskermer volgens hom nie opdrag gegee het dat daar besluit moet word of Zuma wel geld moet terugbetaal of nie, maar eerder hoeveel terugbetaal moet word. “Dit is ʼn belediging vir grondwetlike demokrasie. Dit is ’n belediging vir toekomstige generasies. Ons soek verantwoordbaarheid, ons wil hê die president moet die geld terugbetaal.”

Die EFF is van voorneme om Nhleko hof toe te sleep oor sy verslag en daar word verwag dat die DA dieselfde sal doen.

Die opposisie se mosie het 104 stemme ten gunste daarvan ontvang. Daar was 192 stemme teen die mosie. Die ANC se oorspronklike mosie het 192 stemme ten gunste van die mosie ontvang en 192 stemme daarteen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

chris ·

Dit is nou Demokrasie in Afrika.Werk nie so lekker nie of wat se ek alles oom FW. O, amper vergeet ek van die wigte en teenwigte hulle gaan nou inskop.Wag vir dit, wag vir dit………………………………..

alex ·

Ons sal nou merk. dat FW de Klerk se Frankenstein politiek nie gewerk het nie. So nog minder sy geliefde anc. As die DA nie vir zuma voor die hof daag nie sal hulle ook nie slaag nie. Van die sogenaamde VF± sal daar glad nie iets kom nie. Wonder partykeer of hulle weet hulle is in die parlement. So daar sal ‘n hele nuwe dimensie moet kom vir werklike verandering.

Bruno Stef ·

Daar gaan jy alweer dit is tog so duidelik dat jy n broertjie dood het in die VF. Waarom vra jy in jou kundigheid ook dat die sg DA in n hofsaak die ANC moet aanvat dink jy wragtig hulle gaan meer sukses he.Dit lyk my asof jy lekker kan ( Waffel ) alles wat jy se moet ten alle koste aanvaar word onthou net dat verskillende mense sake anders sien.Die VF het kwaliteit mense aan die stuur met genoeg integriteit en andersins geloofwaardigheid wat vele ander partye n groot tekort in het

Peet Schabort ·

Hy maak ‘n goeie indruk, mens wil jou vinger in sy oog indruk.

HEVW ·

Gaan dit nou nie heel prettig daar nie? Die vroeere tye is desedae in glorie herstel. Hoe kon Janneman en die ander hul van so n prettigheid ontneem het? Chris en Alex al foutjie, mens spel nie fw de klerk met hoofletters nie.

chris ·

Jammer man ek spel oor die algemeen swak veral as my tyd beperk is .Daar is egter geen verweer teen die een van fw nie/
Jammer man sal my uitskryfwerk doen!!!
fw,fw,fw,fw,fw,fw,fw,fw,fw,fw.
10x soos oop skool.

alex ·

Dankie HEVW ek het vergeet, maar eindelik moet ‘n mens nie sy naam noem in ‘n geselskap nie. Sal beskou word as swak smaak.

alex ·

Bruno Stef jy is seker heeltemal reg. Almal het seker verskillende opinies. Maar ongelukkig kan ek nie opgewonde raak oor die VF± nie wat het hulle nou eindelik in die parlement gedoen behalwe om die banke warm te sit.

chris ·

Alex en Bruno.
Albei van julle is reg en voor ek as ‘n draadsitter uitgekryt word laat my verduidelik,
Die VF het sover by verre die meeste gedoen van al die partye in die parlement vir die Afrikaner(daarom stem ek vir hulle).Ek kan van dit vir jou deergee maar dit is ook op die net beskikbaar.Dat hulle by geleenthede dit nie gedoen het nie is ook waar.Verder kan ek nie onthou hoe lank laas die DA vir die Afrikaner opgestaan het nie indien ooit.Help my gerus reg.
As iemand op die DA staatmaak verstaan ek dit regtig nie.Gee dan asb die verskulle in beleide tussen hulle en die ANC, wat hul so “haat”.Dit is so goed jy ry ‘n donkie op die July en verander net die joggie en dink, nou gaan jy wen.
Bruno om op die partypolitiek in die land staat te maak is regtig ‘n gejaag na wind .Die verhaal van die 9 jakkalse en een skaap is van toepasing.Al die partye weet dit daarom sal die DA meer links beweeg en was ou zilletjie die laaste wit leier van die DA.

Ons sal op ander velde moet speel dit is al uitweg in my opinie.Wat my nog pla van die VF is die leierskorps wat maar dieselfde bly jaar na jaar(hier is die DA tenminste een voor).

Loeis ·

Chris, rondom jou vraag wie wat vir die Afrikaner doen. Dit laat my dink aan ‘n radio onderhoud verlede jaar voor die verkiesing waarin Anchen Dreyer, ‘n DA parlementslid, kategories ontken het dat die DA Swart Ekonomiese Bemagtiging steun. Pieter Mulder wie oook in die ateljee was, het haar gevra waarom die DA dan daarvoor in die parlement gestem het. Dit was lagwekkend toe Helen Zille ‘n paar weke later in ‘n debat oor Lindiwe Masibuko gese het dat die DA SEB steun. Ons sal dit maar aan Alex oorlaat om uit te werk wie van die twee dames gelieg het. VF+ is die enigste party wie teen SEB baklei het.

Malinda ·

Julle onderskat dis VF+. As julle soveel weet wat in die parlement ensv aangaan hoekom is julle nie daar nie. Of beter nog stig n politieke party en wys dan hoe dit gedoen moet word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.