Nkandla-verslag vandag verwag

Zuma se Nkandla-landgoed

Zuma se Nkandla-landgoed

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, sal Woensdag haar finale verslag oor Nkandla beskikbaar stel.

Die verslag sou reeds op 9 Februarie, ʼn paar dae voor pres. Jacob Zuma se staatsrede beskikbaar gemaak word, maar Madonsela het die sperdatum vir reaksie van een van die partye uitgestel.

Betrokke partye moes aanvanklik op 24 en 28 Januarie op die voorlopige verslag reageer. Die verslag handel oor opgraderings by Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, ter waarde van meer as R206 miljoen.

Die ANC het Madonsela gekritiseer oor die manier waarop sy die verslag hanteer het. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê Madonsela se tydsberekening om die verslag nou bekend te stel is ʼn poging om die ANC se verkiesingsveldtog skade te berokken. Die nasionale verkiesing vind op 7 Mei plaas. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

petra van vuuren ·

waarvoor is hulle bang? die waarheid? kom ons kyk of hulle na vandag nog tannie Madonsela aanhou of nie. Hoop daar is plek vir haar in ‘n ander party wat haar beter kan gebruik as ou stortkop se mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.