Nkandla-verslag vrygestel

Adv. Thuli Mandonsela maak die Nkandla-verslag bekend.

Adv. Thuli Mandonsela maak die Nkandla-verslag bekend.

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Woensdag om 12:40 haar finale verslag oor Nkandla beskikbaar gestel.

Sy het tydens ‘n perskonferensie gesê president Jacob Zuma en sy familie het “onbehoorlik voordeel getrek” uit opgraderings ter waarde van ongeveer R246 miljoen wat by sy privaathuis in Nkandla, KwaZulu-Natal gedoen is.

Die verslag, wat 443 bladsye behels, sou reeds op 9 Februarie, ʼn paar dae voor pres. Jacob Zuma se staatsrede beskikbaar gemaak word, maar Madonsela het die sperdatum vir reaksie van een van die partye uitgestel.

Die ANC het Madonsela gekritiseer oor die manier waarop sy die verslag hanteer het. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê Madonsela se tydsberekening om die verslag nou bekend te stel is ʼn poging om die ANC se verkiesingsveldtog skade te berokken. Die nasionale verkiesing vind op 7 Mei plaas.

Die ANC sal Woensdagmiddag ʼn perskonferensie hou om die bevindinge te bespreek.

Lees Maroela Media se omvattende nuuskommentaar oor die OB se verslag hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Spinellie ·

Lekker man…. Lekker! :)
Kon vir 246 gesinne elkeen ‘n huis van R1milj gekoop het, of nog beter… 492 gesinne ‘n huis van 500K

alet ·

AG siestog hy gaan net se hy het niks geweet nie hy slaap rustig want die polisie beskerm hom in plaas dat hulle die publiek moet beskerm waarvoor is hy bang

Wessel van Vuuren ·

Komaan Maroela, ek haas myself vandag om by die huis te kom om op Maroela bietjie meer nuus kan lees oor die verslag. Is dit al wat julle kan plaas? Het julle verslaggewers dan nie die “common sense” om te besef dat dit van groot nasionale belang is nie en bietjie meer “datail” gee nie? Ek wonder of hy ooit na die verslag geluister het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.