Nkandla-verslag: Zuma gaan nie betaal nie

President Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma Foto: GCIS

President Jacob Zuma het vir die eerste keer sedert die Openbare Beskermer (OB) haar Nkandla-verslag bekend gemaak het, daaroor gepraat en dit duidelik gestel dat hy nie die geld gaan terugbetaal nie.

Zuma het Sondag tydens ʼn ANC-verkiesingsveldtog in Gugulethu in Kaapstad gesê hy gaan nie vir opgraderings by sy Nkandla-woning betaal nie, aangesien hy nie daarvoor gevra het nie.

Hy voer aan die kriminele klagtes wat deur die DA en die EFF teen hom aanhangig gemaak is, dra nie water nie.

Zuma moet Woensdag in die parlement terugvoer gee oor die OB se bevindinge. Thuli Madonsela, die OB, het haar finale verslag op 19 Maart bekend gemaak. Sy het bevind dat Zuma en sy familie ruimskoots voordeel getrek het uit die opgraderings ter waarde van R246 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Meneer ·

Ek het ook nie gevra vir etol nie, dus sal ek ook nie betaal nie.

Ria Maritz ·

Met ander woorde, die belastingbetaler het vir al die luukshede vir Zuma en sy vroue en kinders se gerief en plesier betaal en is steeds daarvoor verantwoordelik. Hy het nie daarvoor gevra nie, maar geniet en benut al die luukshede. Het hy dan nooit gaan inloer en die opgraderings besigtig nie ?

Nee wat, dis oneerlikheid, diefstal en bedrog op sy beste.

Thuli Madonsela behoort geprys te word vir haar bevindinge, ek hoop daar is een of ander wyse om die geld van Zuma in te vorder.

Slim Daan ·

Groot foutjie Steph.
Zums en Pravin ( SARS ) is dik pelle. Sonder jou swaarverdiende “bydrae” sal hy vorentoe self sy regsonkoste moet dek ; en dit sal Gordontjie eenvoudig nie toelaat nie.
Gou kyk nou kyk speel jy Chinese Checkers saam met die Waterkloof 2.

kraalmuur ·

Maklik, vat Nkandla terug.

As ek ‘n Coke koop en word ‘n Fanta gegee en ek wil nie daarvoor betaal nie, dan neem die kafee-eienaar die Fanta eenvoudig terug. Dan moet ek op ‘n ander plek vir my Coke gaan betaal. Laat Zuma vir hom op ‘n ander plek ‘n Nkandla gaan bou met sy eie geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.