Nkandla word toeriste-aantreklikheid

Nkandla

Nkandla

Hierdie berig is nie die waarheid nie. Maroela Media het die sommer vir die lekkerkry as deel van Aprilgekkedag opgelaai om ons lesers om die bos te probeer lei.

Pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, gaan binnekort as ʼn toeriste-aantreklikheid gebruik word.

Die presidensie het Dinsdag aangekondig dat toeriste binnekort by dié luukse landgoed toegelaat sal word. “Belastingbetalers se geld is aangewend om Nkandla te bou, en dit is net regverdig dat die publiek ook daarvan gebruik kan maak,” het ʼn woordvoerder vir die presidensie aan Maroela Media gesê.

Die publiek kan uitsien om in die swembad, ʼn sogenaamde “brand-swembad” of “firepool” te baljaar, die hoenderhokke te aanskou en ook die badkamer met sy luukse stort te besigtig.

“Lande soos Frankryk en Engeland maak groot wins uit paleise wat deur toeriste besoek word. Suid-Afrika het nou sy eie Nkandla-paleis,” het die presidensie op 1 April aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ria Visser ·

Oh my golly….wat is volgende? Dom vraag..wie kry die toegangsgeld…die belastingbetaler??

Nicky ·

Ha-ha April Fool……
Dit saL NOOIT toegelaat word nie, en ek wil dit ook nie sien nie.

PB ·

Dis net die helfte van die storie. Die vervoer soontoe sal gratis wees per helikopter vanaf Durban se Lughawe. Alles by die snoepie sal ook verniet wees. ‘n ‘Honeymoon-suite’ word nog voorberei. Toegangsgeld sal ‘bruingeld’ moet wees. Om deur JZ rondgelei te word, (hy gaan binnekort aftree) sal wel ekstra kos natuurlik.

Melissa ·

hahaha, dit sal wraggies die grap van die jaar wees! Goeie April Fools!!

Jasper ·

Dit kon n goeie idee gewees het want die plek is alreeds n sirkus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.