Nkandla: Zuma en ministers moet bedank

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Donderdag gesê pres. Jacob Zuma en al die ministers in die veiligheidsgroepering moet bedank in die lig van die Openbare Beskermer se verslag oor opgraderings by Nkandla.

“Dit is baie duidelik uit die bekendstelling van die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag dat nie net pres. Jacob Zuma nie, maar al die ministers in die veiligheidsgroepering moet bedank,” het ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), in ‘n verklaring gesê.

Die Openbare Beskermer het Woensdag haar verslag oor opgraderings by Zuma se privaatwoning in Nkandla vrygestel. Sy het bevind dat Zuma en sy familie onregmatig voordeel getrek het uit opgraderings by Nkandla.

“Dit is duidelik dat groot afwykings aan die sogenaamde veiligheidsopgraderings gemaak is sedert die koste van die nodige veiligheidsopgraderings op sowat R27 miljoen beraam is,” het Botha gesê. “Hieruit het Zuma en sy gesin ruim gebaat. Met die gefladder van blaamverplasing word niemand egter vrygespreek nie, maar trek eerder ‘medepligtiges’ in. Boonop het onder meer die president sekere vrae van die Openbare Beskermer nooit beantwoord nie. Dit beteken die skalpel moet diep sny om die verroting skoon uit te sny.”

Die CDP doen ‘n beroep op die stemgeregtigdes om ernstig kennis te neem van die Openbare Beskermer se verslag, en die ANC te straf vir die ondersteuning van die toesmeerpoging en verdraagsaamheid teen wanbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Hulle sal nie bedank nie die soustrein het nog baie die begrooting is mos klaar gedoen en die helfte is seker al klaar verdeel een vir jou en een vir my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.