Nkandla: Zuma nie net sonder blaam nie, maar nóg opgraderings kom

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Nathi Nhleko, minister van polisie, het Donderdag soos verwag aangekondig dat pres. Jacob Zuma nie hoef te betaal vir opgraderings by sy Nkandla-woning nie. Nhleko het egter voortgegaan deur te sê dat daar dringend nóg veiligheidsverbeterings nodig is.

Nhleko het gesê die swembad (brandpoel), veekraal, hoenderhokke, besoekersentrum en amfiteater by Nkandla is nodige veiligheidsdoeleindes en dat Zuma dus nie daarvoor hoef te betaal nie.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede jaar in haar verslag oor Nkandla bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die R246 miljoen se opgraderings by sy private woning en dat hy ʼn “redelike gedeelte” daarvan moet terugbetaal. Zuma het Nhleko aangestel om te bepaal of hy ʼn gedeelte van die geld moet terugbetaal.

Nhleko het egter Donderdag bekend gemaak dat die veiligheidsmaatreëls by Nkandla nog nie voldoende is nie en dat die volgende opgraderings moet plaasvind:

Swembad (brandpoel)

Daar is bevind dat die swembad ʼn brandpoel is wat noodsaaklik is sou daar ʼn brand by Nkandla uitbreek. Nhleko het egter gesê dit is nog nie voldoende nie en dat daar verskeie opgraderings gedoen sal moet word.

Volgens Nhleko moet daar agt brandslangtolle aan die waternetwerkstelsel gekoppel word en moet daar bykomende tolle geïnstalleer word om die brandbestrydingsvermoë te verbeter. Daar moet ook bykomende brandkrane en ʼn versterkingspomp aangebring word om die druk tot minstens 500 kpa te verhoog.

Besoekersentrum

Daar is bevind dat die besoekersentrum noodsaaklik is vir veiligheidsdoeleindes sou Zuma besoekers by Nkandla ontvang.

Nhleko het gesê die besoekersentrum is die “belangrikste veiligheidskenmerk” en moet so gou moontlik tot die “toepaslike uitvoerende standaard” voltooi word.

Hy het gesê die uitstaande veiligheidsopgraderings by Nkandla moet gefinansier en spoedig afgehandel word, insluitend die herevaluering van die huidige fisiese veiligheidsmaatreëls. “In hierdie geval moet die wette en voorskrifte tot op die letter gevolg word. Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sowel as die parlementêre komitee se verslae het gesinspeel op ʼn dringende behoefte vir ’n nuwe veiligheidsevaluering by die president se woning in Nkandla.”

Nhleko het verder gesê Zuma was die slagoffer van die hele proses. “Die omvang van die ondersoeke sowel as die binnegaan van die president se private woning het tot ʼn skending van sy regte gelei. Sy gesin het gelyktydig onder die skending en verbreking van hul veiligheid gely. Dit is ’n ongekende verskynsel in die wêreld dat die veiligheid en privaatheid van ’n president tot dié mate gesien word soos wat ons in Suid-Afrika dit beleef het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hein ·

Wow, hierdie Nhleko is darem ‘n man van vele talente! Nie net is hy ‘n ‘Occupational Health and Safety Expert’ nie, hy het selfs ‘n hoër gesag as die openbare beskermer! Lyk my soos met die opening van die parlement hoe die plaaslike polisie maar ‘n oog oor die doen en late van die parlement.
Wanneer Maroela volgende keer weer die Afrikaanse sêding vir die week moet uitdink, wil ek die volgende voorstel maak: gebruik die sêding van ‘iets wat klou soos s**t in ‘n wolkombers’, en plaas die foto van onse ‘honourable’ president as verduideliking, daar kan geen beter beskrywing wees van hoe hierdie man vasskop en ons droogsuig nie!

Winston ·

Ja nee. Hierdie is n ongekende verskynsel in die wêreld. Miskien moet dit n verdwynsel word. Absurd. Only in Africa

Elaine ·

Stomgeslaan, sprakeloos! ‘n Laat gekkedag grappie? Skending van sy regte? Sy gesin het skending en verbreking van hul veiligheid gely? Nog nie veilig genoeg nie? Ongelooflik arrogant!

Peet Schabort ·

Nóg opgradering van die bestaande brandkrane, pype en pompe? Wie het so aangejaag in die eerste instansie om goed te installeer wat onderkapasiteit is?
In Stefano Park,(plotte by Vanderbijlpark), was daar ‘n brand wat derduisende rande se skade aangerig het.
Teen eerste moes Emfulenimunisipaliteit GEHAAL word want hulle het nie geweet waar dit is.
Ook Metsimaholo (Sasolburg) het gaan hand bysit.
MAAR WEET JULLE WAT? DAAR IS ‘N SWEMBAD OP DIE PERSEEL MAAR BEIDE BRANDWEER SE POMPE WAS STUKKEND EN KON NIE WATER UIT DIE SWEMBAD POMP !!!!!!!!!!!!!!
Daar is toe deur vriende water uitgepomp maar by daardie tyd was die skade ontsettend.
Nee-wat Zuma, jy moet maar skep wat jy kan, daar SAL eendag rekenskap gegee word.

George ·

Ek sidder as ek dink wat die volgende president die belastingbetalers gaan kos. Ek het gedink die staat behoort huisvesting gedurende die ampstermein te verskaf.

Sharon ·

Wonder of ons ook brandslagtolle by ons brandpoele sal moet installeer.

pieter ·

Belaglik hul se nie hoe hul di swembad ga volhou in so n situasie nie , hul weet van geld verkwisting – ma ek hoop hul bou nou by al die squatter camps in suid afrika n swembad da kan hul somme di water gebruik as da n brand is en mense se hutte beskerm , ma mogabe se mense in sy parlement het hom netso beskerm en kyk wa sit Zimbabwe vandag

Johan ·

Daar is dan ‘n presidentshuis in Pretoria wat deur die staat onderhou word vir die president van die dag soos die “White house” in Amerika. Is dit die staat se verantwoordelikheid om Zuma se PRIVAAT woning se veiligheids verwante opgradering te doen? Het die staat nie vir die hele Nkandla betaal nie? Die staat se begin verweer was dat dit ‘n sogenaamde “key point” is; wonder net wanneer het hulle Nkandla op die “key points” lys gesit, seker na al die opgradering, toe die koerante begin Nkandla

johan ·

Nhleko, dit was nou goed gese. Het jy dit self uitgedink of het iemand anders dit vir jou gedoen.
Jy moet uiters hoogsgeleerd wees om sulke gemors oor die tv te praat. Self jou eie mense het vir jou gelag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.