Nkoka, Podnebesnova wen Twee Oseane

Nkoka hardloop oor die wenstreep. Foto: @2OceansMarathon/Twitter

Nkoka hardloop oor die wenstreep. Foto: @2OceansMarathon/Twitter

Lebenya Nkoka van Lesotho het Saterdag sy eerste oorwinning in die Old Mutual Twee Oseane ultramarathon in Kaapstad behaal.

Nkoka het met net minder as 10km van die 56km-marathon oor van die groep af weggebreek en die wedloop in 3 uur 9 minute en 52 sekondes gewen. Hendrick Ramaala van Suid-Afrika moes met ʼn tyd van 3 uur 11 minute en 33 sekondes met die tweede plek tevrede wees.

Die Rus Nina Podnebesnova was die eerste vrou oor die wenstreep met ʼn tyd van 3 uur 40 minute en 7 sekondes. Paulina Njeya was die eerste Suid-Afrikaanse vrou oor die wenstreep. Sy was in die vyfde plek met haar tyd van 3 uur 50 minute en 48 sekondes.

Stephen Mokaka het die halfmarathon van 21km gewen in 1 uur 4 minute en 16 sekondes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.