NMB-raadsvergadering ontaard wéér in chaos

Raadslede teken beswaar aan tydens ‘n Nelson Mandelabaai-raadsvergadering (10 April 2018). Foto: ANA

ʼn Nelson Mandelabaai-raadsvergadering het Dinsdag weer in chaos ontaard, hierdie keer oor huldeblyke aan die struggle-veteraan Winnie Madikizela-Mandela wat verlede week dood is.

Die vergadering is vroeër vir vandag herskeduleer nadat chaos by die vorige vergadering losgebreek het. Raadslede was veronderstel om vandag ses mosies aan te hoor, insluitend ʼn mosie van die EFF om burgemeester Athol Trollip en speaker Jonathan Lawack die trekpas te gee.

Die vergadering het egter begin met elke politieke party wat vyf minute geleentheid gegee is om ʼn huldeblyk aan Madikizela-Mandela te lewer. Voor die DA se Nqaba Bhanga egter die party se huldeblyk kon lewer, het opposisiepartye sterk beswaar aangeteken.

Die vergadering het daarna weer eens in chaos ontaard met sommige raadslede wat Lawack daarvan beskuldig het dat hy bevooroordeel is.

Die EFF se Zilindile Vena het volgehou Bhanga moet nie toegelaat word om te praat nie, omdat hy “nie staan vir enigiets waarvoor Mama Winnie geveg het nie”. Die ANC het op sy beurt vir Bhanga van moord beskuldig.

Lawack het verskeie kere opgestaan terwyl opposisielede voortgegaan het om Bhanga beledigings toe te snou.

Toe Bhanga uiteindelik begin praat, is sy stem uitgedoof deur dreunsang van die EFF- en ANC-raadslede. Kort hierna het Lawack die vergadering verdaag.

DA-raadslede het die vertrek verlaat, terwyl ander partye agtergebly en voortgegaan het om liedere te sing as huldeblyk aan Madikizela-Mandela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Is dit nou die plek? ·

Selfs hierdie huldeblyk aan Winnie, of jy nou daarmee saamstem of nie, word wragtig deur die DA opposisie uitgebuit om dinge te ontwrig. Wat het geword van beskaafd optree en respek hê vir die dooies?

Rooiman ·

Vra tog vir iemand om die berig vir jou voor te lees. Die DA se spreekbeurt is ontwrig deur opposisiepartye wat nie die siel wou toelaat om te praat nie.

LB S ·

Ek dink jy sit die pot mis. Lees weer die artikel! Tog so vinnig om die DA te blameer. Jy kan netsowel gaan en ANC stem want om vir jou klein partytjie te stem gaan beteken ‘n stem vir die ANC.

Toeskouer ·

“Is dit nou die plek?” en Kobus, julle vra nou vrae waarop geen mede Suid-Afrikaner meer ‘n antwoord het nie. Daar is nie meer keer aan die swak dissipline en chaos nie.

Hendrik ·

Jammer as ek nog steeds die konsep van selfbeskikking steun en ek dink dit is uiters haalbaar. Die energie in ons mense is so hoog en ons kan dit maak. Ons moet na ander alternatiewe kyk en onsself nie blind staar na die huidige. Komaan mense oogklappe af!

LB S ·

Asseblief tog, wat laat jou dink dat hulle ‘n stuk land vir die wittes sal GEE! ?
Buitendien glo ek nie die baie suksesvolle jongmense en ouer mense wat vir hulself alles opgebou het wil nou handdoek ingooi om in ‘n Orania te gaan oor begin nie. Ons sal veg vir wat ONS s’n is. Ek glo vas daaraan om die DA ‘n kans te gee.

honourable member ·

Watse ophef word nou so oor Winnie gemaak. Toe sy dodelik siek in die hospital gele het toe weet niemand eers daarvan nie. Nou dat sy dood is nou is sy hierdie belangrike persoon.

Wolf ·

In my wereld verander n jakals van haar maar nie van streek nie.
Ons land is gedoem met sulke bedriers in ons politiek. Verban die ver regse party wat niks goed doen of se nie. Hulle sweep net rassehaat op en laat die opsweepbares dinge doen wat hulle nie moet nie en dan veronrskuldig hulle hulself. Weg met hulle.

Hendrik van George ·

Demokratiese instellings gemeng met Afrika populiste het, en sal nooit werk nie. Dit is waarom diktators so goed vaar in Afrika.

Elsabe ·

Ek gee op. Rerig waar. Hierdie land is in sy malle kanon in. Hulle moet nou maar vat en plunder en plak en klaar kry laat ons nou maar die oorblyfsels vat en van voor af begin nou. Hierdie pot wat nou al oor kook van 24 jaar se negatiewe emosies moet nou maar klaar brand dat ons net kan voort beweeg. SA het seker die meeste partye wat die meeste praat en fisies die minste doen.

leon ·

Ja, so verval strukture en daarmee saam dienslewering deur die rade.

Maak die gordels vas. Elkeen sal moet uitspring en hul gemeenskap laat werk.

Uiteidelik sal selfbeskikking uit die ashope moontlik word.

jaco ·

Hierdie beswaar teen die DA se huldeblyk aan Winnie laat my dink aan die houding van die ou Nasionale Party, wat ook maar ‘n houding gehad het van “jy kan net ‘n goeie/ware Afrikaner wees as jy NP stem”. So voor mens nou te krities raak oor die ANC en DA se houding vandag teen die DA, onthou maar net dat hulle dit by ons geleer het.

Gestremde ·

Op die vergaderings by te woon is daar seker verblyf, vermaak, vervoer, spysenierkostes. Wie moet vir die chaos betaal? Watse klagtes gaan teen die raadslede ingedien word? Wie betaal hul salarisse? Dit gaan lekker in die nuwe Suid Afrika. Net onthou jy kan ‘n koei melk tot op ‘n punt dan raak sy droog. Bly om te sien daar is video’s. Hoop die buiteland neem al die inligting op.

Reguit ·

Onthou, ingeligtes soos Sloet sê ons moet ‘chill’, want hierdie fenomeen is maar net ‘n natuurlike uitlewing van kultuur en diversiteit. Niks ernstigs nie.

Herman ·

Alles omdat hulle nie die witman daar wil hê nie. Hulle sal so aanhou todat hulle dit so onbeskaafd en onaangenaam maak dat hulle hulle sin kry. Dan kom die afbreek. Weereens. As die sprinkaan gevreet het is die oes op. Wat nou?

Boerseun ·

hahahaha, n land waar leiers net kan debateer deur harder as jy te skree. Ergste is n paar glo nog in iets soos n reenboog nasie

Janosh ·

Ek het net 1 vraag: Hoe gaan inwoners van SA mekaar leer respekteer as die voorbeeld wat deur “leiers” gestel word elke keer chaos is.

Laetitia ·

wat se voorbeeld stel sulke swak gedrag deur sogenaamde leiers aan ons Jeug!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.