NMMU heropen Vrydag

Studente betoog op die kampus van Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU). Foto: Twitter via @Sparkey13

Studente betoog op die kampus van Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU). Foto: Twitter via @Sparkey13

Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) sal Vrydag heropen, drie weke nadat die universiteit klasse opgeskort het weens gewelddadige studentebetogings.

Zandile Mbalela, woordvoerder van die universiteit, het gesê hulle is steeds in gesprek met studente, maar klasse moet hervat om te verseker die akademiese jaar kan voltooi word. Volgens Mbalela sal die universiteit Vrydag bedrywighede hervat, terwyl akademiese bedrywighede Maandag weer begin.

“Indien ons Maandag akademiese bedrywighede hervat kan ons steeds die akademiese jaar teen 30 November voltooi. Indien die universiteit langer gesluit bly, sal dit ʼn negatiewe uitwerking hê op studente se akademiese prestasie en dit kan beteken dat studente nie hul studies voltooi nie.”

Mbalela het gesê al die fakulteite is in die proses om akademiese herstelplanne saam te stel, wat in konsultasie met studente gefinaliseer sal word. “Akademiese aktiwiteite wat deur die sluiting geraak is, sal herskeduleer word, terwyl studente genoeg tyd sal kry om aan die nodige vereistes te voldoen.”

Hy het gesê die NMMU ondersteun die beroep vir groter toegang tot gehalte hoër onderrig vir studente wat dit verdien en nie kan bekostig nie. Sy het gesê die universiteit ondersoek al die moontlikhede om te verseker studente wat dit verdien word nie uitgesluit weens finansiële redes nie.

Die universiteit se aankondiging kom kort nadat bekommerde ouers van studente hul voorneme bekend gemaak het vir ʼn klasaksie-regsgeding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jean ·

Mooi so, wys hulle hoe dit gedoen word, sorg net dat julle studente en dosente wat WIL werk veilig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.