NMMU-ouers begin klasaksie

Studente betoog op die kampus van Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) op 20 September 2016. Foto: Twitter via @Sparkey13

Studente betoog op die kampus van Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) op 20 September 2016. Foto: Twitter via @Sparkey13

Bekommerde ouers van studente by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het hulle nou tot die howe gewend in ʼn poging om die instansie weer te heropen.

Die nuutgevormde Concerned Association of Parents and Others for Tertiary Education (Captu) het Woensdag in Port Elizabeth vergader om hul planne vir ʼn klasaksie-regsgeding te bespreek. Die regsroete is geopper nadat 4 500 mense ʼn aanlyn-petisie getiteld “Onwettige betogings skend ons reg op onderwys” geteken het. Die petisie is deur die bekende Port Elizabethse advokaat Terry Price begin.

Brin Brody, ʼn prokureur van Grahamstad, het Woensdag op die Captu-vergadering gesê die eerste stap is om ʼn aanmaningsbrief aan NMMU te stuur waarin die groep eis dat die universiteit heropen word en dat studente se veiligheid verseker word.

“Ons siening is dat die universiteit verplig is om te heropen, hulle is verplig om hulle tot die SAPD en veiligheidsmaatskappye te wend om na die studente (se veiligheid) te om te sien en hulle is verplig om voort te gaan met kampusbedrywighede ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming,” het Brody gesê. “Ons glo die universiteit kan heropen op dieselfde grondslag waarop die ander universiteite heropen het, waarvan die Rhodes-Universiteit in Grahamstad net een voorbeeld is.”

Indien die universiteit nie op die aanmaningsbrief reageer nie, sal prokureurs wat Captu verteenwoordig die hooggeregshof in Grahamstad nader om ʼn dringende aansoek te bring dat die hof ʼn interdik moet uitreik wat die NMMU verplig om sy deure te open.

Brody het gesê volgens sy navorsing het die ouers ʼn sterk saak en indien hul hofaansoek suksesvol is, sal dit ʼn beginsel wees wat ook op ander universiteite toegepas kan word.

Hy het gesê die NMMU is “in ʼn gevaarlike posisie” aangesien studente die universiteit vir miljoene rande kan dagvaar op grond van die instansie wat nie sy kontraktuele verpligting nakom nie en potensiële verlies aan inkomste vir studente wat van korporatiewe betrekkings verseker is sodra hulle hul studies voltooi het.

“My kliënte is ouers, studente en ander groepe wat graag wil voortgaan met hul studie op grond van kontrakte wat gesluit is en klasgeld wat hulle betaal het om aan die universiteit te studeer. As die universiteit sluit, sal daar enorme skade wees, nie net vir die individue nie, maar ook vir die universiteit self,” het Brody gesê.

“Indien ʼn student van ʼn betrekking verseker is nadat hy graad gevang het en hy verloor daardie werk omdat hy nie sy studie kan voltooi nie, sal daar ʼn skadevergoedingseis teen die universiteit ingestel word. Dit sal nie net vir studiegeld wees nie, maar ook vir verlies aan inkomste, wat beteken die probleem sneeubal net al hoe verder. Ons rol is om as regsverteenwoordigers vir ons kliënte op te tree. Hierdie is nie ʼn politieke saak nie, dit is ʼn regsaak.”

Vandeesweek was die derde week wat die NMMU heeltemal gesluit was weens die gewelddadige #FeesMustFall-betogings op sy kampusse. Die universiteitbestuur het vroeër gesê indien die kampusse nie teen Maandag heeltemal heropen nie, sal die hele akademiese jaar in die slag bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dries ·

Wel gedaan , hoop meer ouers en algemene publiek raak so betrokke . So sal ons hierdie terroriste beveg , die ou leuse is “EENDRAG MAAK MAG”

JC ·

MOOI SO! Kap die ruggraatlose skepsels wat hulself rektore noem!!!!!
Afriforum/Solidariteit, maak ook asseblief SO by TUKS!

Jean ·

Wonderlik, kom ons kyk wie die Universiteit nou gaan kies, die oproerige skare of die studente wat wil studeer en siviele eise van miljoene teen hulle gaan instel. Dit lyk tans asof hulle nie werklik omgee vir diegene wat wil studeer nie, maar ingee tot ‘n minderheid betogers. Dalk as dit hulle geld gaan begin kos, gaan hulle wakkerskrik.

LV ·

Dit is nie die Universiteite nie, dis die staat. Die universiteite se hande is afgekap. Net so groot deel van hulle kontrak tot dienslewering is hulle verantwoordelik vir die veiligheid van die mense op kampus. Die feit dat klasgelde nie in 2016 verhoog is nie, het byna alle universiteite miljoene in die rooi. Net enkeles kan veiligheidsmaatskappye in die beste van tye bekostig. So wie gaan instaan vir veiligheid. Voor al hierdie molesteer is daar reeds gesê dat meer as 10 instansies van hoër onderwys se deure gaan sluit as daar weer ‘n 0% verhoging is. Al hierdie saam met miljoene se eise en by die biljoen se skade gaan tot gevolg hê dat verskeie universiteite hulle kampusse Emmarentia gaan sluit. En waar sit ons dan. As die staat net die onlus makers eerder tot die volle mag van die wet vervolg, eerder as hulle net ‘n uur, of oor nag te hou, voor hulle vry gelaat word, sou dit dalk ook al beter gegaan het.

Twakkie ·

Die staatsuniversiteite is klaar daarmee heen. Ouers kan ten minste probeer om iets van hulle inbetaalde gelde terug te kry op hierdie manier. Privaat universiteite is die enigste uitweg vorentoe. Die liberale universiteitsbesture en kommentators het die studente te lank voorgepraat, daar is nie nou omdraaikans nie. Die mense wat so tekere gaan, het beurse gekry sonder enige kans dat hulle ooit iets kan deurkom, dus is dit nou ‘n geval van “niemand anders kan iets hê wat ons nie kan kry nie.” As almal niks het nie, is almal mos gelyk.

Johann ·

Lekker. Jammer dat dit tot so iets.moet kom; maar LEKKER! Hoop die ander mammas en pappas van die ander Universiteite volg. Wat my steeds oorbluf is dat die werklike studente nie ook hulle voete neersit(letterilik) neersit nie!

pieter ·

Hoogtyd dat die ouers se stem gehoor word want dis hulle geld en ons belastinggeld wat gemors word deur onopgevoede studente wat geen benul het van waardes nie.

Piet Badenhorst ·

Hier in Australia word all Ons lesing opgeneem. Studente wat nie die lesing kan bywoon nie kan agterna aanlyn daarna luister met Powerpoints ingesluit. Indien net die dossent beskerm hoef te word kan die meerderheid van studente steeds voortgaan met hulle studies. Ondervinding by die destydse Turfloop het geleer dat dit moeilik is om n agressiewe minderheid op n groot kampus te beheer . Geelonger

Riana ·

Dis presies waaroor ek wonder, want terwyl daar geen klasse aangebied word nie, word daar nogsteeds salarisse betaal. Daar moet planne beraam word sodat lektore lesings kan opneem en dieselfde hier doen!

Great great ·

Mag jul groot sukses hê!!!! Mag die nonsens stop!!!!!

Anoniem ·

Ja Johan, dit is wat ek ook baie graag sal wil weet. Hoekom doen die ander studente nie iets nie. Dit wil vir my voorkom asof hulle ook net handjies gevou staan .

Jan Jooste ·

Knap gedaan. Nou moet ons Maandag sien of Tuksbestuur dapper is en of hulle ook ‘n klasaksie hier wil hê. Voorspoed ouers!!!

Noxthefox ·

Laat dit asseblief teenoor elke universiteit gebeur!
En maak ook seker dat elke regdenkende persoon op elke kampus se veiligheid onmiddelik gewaarborg word.
So nie hou alle owerhede insluitend die socalled regering.
Genoeg is GENOEG!

Dup du Plessis ·

Hoe gouer daar ‘n toetssaak is hoe beter. Iemand het by ‘n vorige kommentaar genoem dat as Jan publiek die koste vir onderwys moet betaal dit met die verhoging van btw gedoen kan word. Hierdie is eintlik ‘n baie goeie plan want dan betaal almal deur die bank en almal kry die voordeel. Baie sal reken dat armer mense wat van toelaes leef vrygestel moet word. Dit moet juis nie gebeur nie want baie van hierdie mense word deur die staat ondersteun om kinders te verwek vir die toelaes wat ontvang word. Hierdie kinders gaan dus juis deur ander subsidieer moet word t.o.v. studies. Hartseer is juis dat baie mense wat nie eers hul eie huishoudings kan onderhou nie die probleem nog groter maak deur meer kinders te verwek om in aanmerking te kom vir toelaes……’n tipiese Afrika benadering wat nie maklik sal verander nie. Die ander groot voordeel gaan wees dat hierdie studente wat nou so skree vir gratis onderwys die res van hul lewens ook vir ander gaan moet betaal d.m.v. btw.

Corrie ·

Goed so! Doen wat zuma en sy kaders te ruggraatloos is om te doen

Vra maar net ·

Kan ‘n eis nie teen zuma in sy persoonlike hoedanigheid asook teen die anc gedoen word vir hul gebrek aan optrede teen hierdie belhamels nie. Ook ‘n eis teen blade nzimandi en zuma oor verwagtings wat geskep is deur beloftes wat hul heelwaarskynlik geweet het hulle niw tot uitvoer gaan kan bring nie? Ek vra net….

IM ·

Ouers van NMMU, ek hoop jul aksie is suksesvol. Afriforum, kan daar asb ‘n soortgelyke aksie by Tukkies wees as klaase daar nie Maandag hervat word nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.