NMMU-studente ‘sal sorg dat universiteit gesluit bly’

NMMU-studente betoog Woensdag, 22 Sept. 2016. Foto: ANA

NMMU-studente betoog Woensdag, 22 Sept. 2016. Foto: ANA

Betogende studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth het Vrydag gesê hulle sal nie langer met die universiteit se bestuur onderhandel nie, aangesien hulle nie ingelig is dat klasse Maandag hervat word voordat die universiteit dit in ʼn verklaring bekendgemaak het nie.

ʼn Groep van minder as 100 studente het Vrydag weer voor die ingang van die universiteit se Noord-kampus betoog. Hulle was gewapen met klippe en stokke en het betoog te midde van ʼn sterk polisieteenwoordigheid. Studente het buitebande gebrand terwyl die polisie en private veiligheidsbeamptes toegekyk het.

Die NMMU is die afgelope drie weke heeltemal gesluit weens #FeesMustFall-betogings, maar Donderdagaand het die universiteit in ʼn verklaring gesê dat lesings Maandag hervat sal word. Dit word gedoen in die hoop dat studente steeds hul 2016 akademiese jaar sal kan voltooi.

Nathi Dwayi, studenteverteenwoordiger van die #FeesMustFall-beweging, het Vrydag gesê die betogende studente stel nie meer belang om met die universiteitbestuur gesprekke te voer nie. Die studente is ongelukkig omdat die universiteit nie eers die saak met hulle bespreek het voordat daar aangekondig is dat klasse Maandag hervat sal word nie.

“Daar is geen belangstelling meer om met die bestuur te onderhandel nie en Maandag sal ons seker maak hierdie universiteit bly gesluit,” het Dwayi gesê.

Gemoedere het hoog geloop toe Kobus Gerber, voorsitter van die nuutgestigte Concerned Association for Parents and Others for Tertiary Education at Universities (Captu), by Vrydag se betoging opgedaag het. Die groep het vroeër die week gesê dat hy ʼn aanmaningsbrief aan die NMMU gestuur het waarin geëis word dat die universiteit heropen. Indien die universiteit nie aan dié oproep gehoor gegee het nie, sou die groep ʼn dringende hofaansoek gebring het om die instansie te dwing om lesings te hervat.

Tydens Vrydag se betoging het die gelyk asof Gerber in ʼn woordewisseling is met prof. Eugene Straeuli, ʼn NMMU-dosent. Straeuli het opgedaag om die betogende studente se eis vir gratis onderrig te ondersteun. Die studente was ooglopend ongelukkig met Gerber se teenwoordigheid en was openlik vyandig teenoor hom terwyl hulle geskree het dat hy moet loop.

Verskeie NMMU-studente en -personeellede het by die betoging aangesluit en plakkate omhoog gehou om hul steun te toon. Straeuli het gesê die personeel staan in solidariteit saam met die studente. “Ons is hier om aan die regering te sê dat befondsing vir hoër onderrig nie strook met die jaarlikse CPI-indeks nie. Statistieke toon dat befondsing verminder het terwyl studiegeld toegeneem het,” het hy gesê.

Hy het gesê almal by die NMMU wil hê dat klasse hervat moet word, maar dat dit nie “ten alle koste” gedoen kan word nie.

Zandile Mbabela, NMMU-woordvoerder, het gesê die universiteit hou by sy besluit om klasse Maandag te hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Francis ·

dit is hoe ons land se geleerde mense optree ? moontlike leiers ? SWAK !

Vra maar net ·

Waarvoor moet die betogende dtudente geraadpleeg of in kennis gestel word dst die universiteite met klasse voortgaan. Behoort dit aan hulle? Arrogante houdinkies. Daar sit meer agter hierdie storie…..heelwaarskynlik politiek-gemotiveerd deur julle-weet-wie die land onregeerbaar wil maak.

TSteyn ·

Ek het nooit die geleentheid gehad om verder te kon studeer nie. Maar terwyl julle afbrand dit wat julle moet help, werk EN leer ek met die hulpbronne wat tot my beskikking is. Ek mag dalk nog nie ‘n graad hê nie maar ek bou aan ondervinding en kennis.

M ·

Dit gaan nie daar stop, volgende eis hul gratis verblyf met 3 gebalanseerde maaltye per dag.

Oosie ·

Stem saam met jou. My vrou maak die opmerking dat net sodra die kos gaar is gooi hul weer ‘n rou aartappel in…

Oosie ·

Die stert swaai die hond. Belaglik!! En die personeel wat hulle in hul kwaad sterk is regte draadsitters wat dit bloot doen om hulle guns te wen terwyl hulle as ‘geleerde’ mense van beter behoort te weet. Die Regter en sy span werk onverpoos om ‘n sinvolle oplossing te vind. Ek se weer: kyk na hulle punte. Met 26 jaar ondervinding in die bedryf daag ek enige iemand uit om my verkeerd te bewys. Die meeste van hulle wat betoog moes nooit toelating gekry het nie. Waar ek betrokke is, is studente wat al langer as 6 jaar aan hul eerste graad ‘werk’ en selde indien ooit in die klas gesien word.

Bekkie ·

Saam met gratis opleiding, kom daar verantwoordelikheid soos goeie punte En goeie gedrag. Sonder hierdie einskappe behoort GEEN student daarvoor te kwalifiseer nie. Ek betaal R12 000 pm on my kind op Universiteit te hou. Ons kan nie bekostig dat lesings gestaak word nie.

Quo vadis? ·

Rome is nie in een dag gebou nie, maar wragtig, kan in een dag afbrand. Ek kan nie anders as om te dink aan die Mei 1968 opstande in Frankryk nie, wat gemaak het dat die hele universiteitstelsel daar platgeval het, en geherstruktureer is ‘n paar jaar later. Maar daarna het mens nooit weer van legandariese plekke soos die Sorbonne gehoor het nie. Ek is bevrees dat Wits en UCT, wat beide ‘n baie goeie internasionale reputasie het, in dieselfde geskiedenisboeke gaan beland…

Liewe heksie ·

Wie de hell is hulle om eise te stel kinder moet by reels hou nie die reels maak nie

LHS ·

Kry n hofbevel, verwyder alle ongewenste elemente en skors hulle summier, daarna as die element sy pote nadere as 5 km van die kampus sit, tronkstraf. Opsie 2, kry net 10 opgeleide Rod Weillers.

Johan 2 ·

Sluit die plek en verkoop hom…n privaat instelling sal bie die twak dult nie…ek kan net nie glo daar was Dosente wat dit ondersteun het nie, hou bietjie onderhoude met hulle ek sal graag wil hoor wat sê hul nou (die wat nog inie land is).

John ·

Hierdie opstandiges is nooit opgevoed nie. Hulle het net groot geword terwyl albei hul ouers naarstiglik die werk van witmense nagejaag het. Hul onderwysers was onopgelei want onderwyskolleges is summier gesluit. Ma’s was by die werk of op ANC-‘outings’ en die kinders op straat. En nou is die baie kinders volgens ANC-opdrag om die witmense uit te boer a la demokrasie-reels, buite beheer baie en baie buite beheer. Die ANC weier om te verstaan wat aangaan omdat die skuld in eie boesem setel. Die woord ‘etiek’ is ‘missing’ en Bybelse waardes is deur kerklikes verdraai tot ‘charity’ aan Afrika. #Bakhandstaan is die doodsteek van die Afrika.

Mickey ·

As die polisie enigsins hulle sout werd was het hulle daardie belhamels bymekaar gemaak en toegesluit totdat die ander wat wil leer klaar eksamens geskryf het. As jy klippe en stokke gebruik is jy gewapen. Genoeg rede om bietjie tjoekie toe te gaan.

Bento ·

Die dosente moet eenvoudig voortgaan met klasse op sosiale media.

Emma ·

Dit help nie om met hierdie mense te onderhandel nie. BRING IN DIE WATER KANONNE. Dan is al hul brandende tyres ook sommer geblus.

jef ·

Die probleme op universiteite dwarsoor SA het tenminste Europa bereik op televisie en radio maar Europeane toon geen belangstelling nie hulle het hulle eie probleme.
Fight your own battle soos hulle se.

Anel ·

As die spul nou klaar gratis geleer het, gaan hulle gratis werk ook?

Waarheid ·

Vul die kanonkar met rioolwater want dis wat hulle verdien.

John ·

Minder as 100 studente. Wow. Dis nou vir jou ‘n oormassa. Sluit die plek sommer permanent. Selfs die weermag se broeke sal bewe in so ‘n gevaarsituasie.

Student ·

Vrydag daar verby gery, dink nie daar was meer as 40 belhamels nie!

Johannes Meintjes ·

Die karakter van die samelewing reflekteer maar die norme van leierskap en regering. In SA lyk die etiek en moraliteit van ons groter multi-kulturele samelewing daagliks slegter en meer skade-berokkenend! Ons kinder moet leer en behoorlik opgevoed word. Mnr. Zuma, wat doen jy hieromtrent?

Dries ·

..en hulle kry maar net hulle sin! My oorlede pa toe hy klaar is met Matriek het my ouma vir hom gese daar is nie geld om te gaan studeer nie, hy moet doodeenvoudig net gaan werk soek. Hy het gaan werk en soos hy geld gekry het, het hy stuk vir stuk, ‘n vak geneem totdat hy klaargemaak het, buitemuurs. Ek wonder hoeveel van die wat so afgaan wil werklikwaar hard studeer om in die sweet van hulle aangesig hulle kwalifikasie te kry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.