NMU-studente glo gedreig ná betogings

Die ingang na die Tweede Laan-kampus van NMU. Foto: NMU

Bedrywighede by die Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Port Elizabeth is Maandag hervat ondanks berigte dat personeel en studente op sosiale media gedreig word.

Die kampus het verlede week deurgeloop onder betogings deur lede van die studenteorganisasie Sasco om protes aan te teken teen studente wat nog nie hul nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS)-befondsing ontvang het nie. Betogende studente het ook geëis dat veiligheid op die kampus opgeskerp word en dat die universiteit meer bussies aanskaf vir studente wat nie op die kampus woon nie.

NMU het sedertdien R38,8 miljoen beskikbaar gestel om NSFAS-studente te help wat nog nie hul toelae ontvang het vir boeke, kos en vervoer nie. Hierdie tydelike befondsing sal nagenoeg 4 000 studente onmiddellik help.

Die NMU het Maandag egter ʼn beroep op studente en personeel gedoen om enige voorvalle van intimidasie of dreigemente by die universiteit se regsdienste aan te meld. Die universiteit het in ʼn Twitter-inskrywing gesê hoewel hy die verantwoordelike gebruik van sosiale media platforms aanmoedig, kan die misbruik van hierdie platforms tot dissiplinêre stappe lei in ooreenstemming met die universiteit se gedragskode.

NMU het gesê hoewel die instansie studente se grondwetlike reg tot vreedsame protesaksie respekteer, moet studente en personeel wat toegang tot die universiteit wil kry om te werk en te studeer se regte ook respekteer en beskerm word. Die universiteit het ook beklemtoon dat enige vorm van intimidasie en dreigemente ʼn oortreding van ʼn hofinterdik is wat die universiteit bekom het om bedrywighede by die instansie te normaliseer.

Volgens die NMU behou die universiteit die reg voor om gepaste regs- en dissiplinêre stappe teen skuldiges te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Callie ·

Gewaarborg, binne 2 jaar is universiteite bankrot. Watch this space. En wat dan?

Boerseun ·

Haha. Free education met wat se geld? Wag maar tot staats toelae opdroog, hulle gaan als brand en plunder

snoefie ·

wag maar tot blankes werkloos is. onthou, die paddaman se belofte aan sy kiesers in 2015 was dat geen witman sal werk terwyl n swarte werkloos is nie. wanneer swart belastingbetalers se geld so gemors word, gaan die paw paw die fan strike.

JoeV ·

Maar nou, is die betoging insigself nie ‘n bedreiging nie? So as iemand terug betoog is dit ‘n dreigement, mens hoef nie iets te breek om te betoog teen ‘n betoging nie, mens kan maar net betoog.

Showahed ·

En ek betaaal ten duurste en betyds vir my kind se studies. Niemand help my nie. Ek verskaf geld vir boeke, vervoer, ens ens. Hoe kan jy gaan studeer as jy nie die nodige fondse het nie? Ek besef dis ‘n verwagting om te studeer maar jy kan nie alles verniet kry nie.

piper ·

in die sewentigs vir als self betaal. elke vakansie en naweke gewerk. kampus toe met fiets gery. as fiets stukkend is het ek geloop totdat ek dit kon regmaak. niks gebreek of geplunder of afgebrand nie.

Hanlie Geyser ·

Ek verstaan nie hoe werk die mense se koppe nie. Hulle verwag alles verniet – nou wie moet betaal vir al die studie materiaal en die salarisse van die dosente en onderhoud van geboue. Daarby kwalifiseer baie nie eens om verder te studder nie want hulle gemiddeld in graad 12 maar 33%. Dan brand ons alles af en demand net meer. Maar jy het dan nou net goed afgebrand? Hoe redeneer julle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.