NMU-verkragting: Beskuldigde hoor sy lot

Kwanele Kilana vroeër in die hof. Foto: ANA.

Die 29-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy twee studente aan die Nelson Mandela-universiteit verkrag het, het Maandag in die Port Elizabeth-hooggeregshof sy lot gehoor.

Kwanele Kilana is skuldig bevind op 11 aanklagte wat onder meer vier aanklagte van verkragting, huisbraak met die bedoeling om te steel, roof met verswarende omstandighede, seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding en poging tot moord met verswarende omstandighede insluit.

Hy het vroeër skuldig gepleit op ván die aanklagte.

Maroela Media het in Oktober verlede jaar berig ʼn 25-jarige student en haar vriendin is gewelddadig aangeval in ʼn rekenaarsentrum op die universiteit se Tweedelaan-kampus. Die man het die studente verkrag, hul selfone gesteel en een van hulle met ʼn skêr aangeval. Die twee studente is toe gedwing om ʼn rekenaar en rekenaarskerm na buite te dra en hulle moes die gesteelde items aan hom oorhandig voordat hy oor ʼn hek gespring en gevlug het.

Kilana het in sy pleitverduideliking erken dat hy die vroue gedwing het om voor hom uit te trek sodat hy kon sien dat hulle nie waardevolle items onder hul klere wegsteek nie.

Hy het die vroue toe gedwing om mekaar te soen. Daarna het hy een van hulle verkrag terwyl hy die ander gedwing het om hom te soen.

Kilana is ook skuldig bevind vir ʼn ander verkragting verlede jaar in Julie. Hy het erken dat hy die vrou gevolg het, geslaan het en haar van haar selfoon en kontant beroof het.

Hy sal Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

leser ·

sluit toe, gooi sleutel vêr weg, mense met sulke mentaliteit hoort nie tussen ons nie

humor ·

D ie opskrif van die berig is misleidend. Ek soek nog steeds wat sy lot is terwyl hy in die toekons sy lot sal hoor.

Attie ·

Uitspraak en vonnisoplegging word nie op dieselfde dag gedoe nie.

IK ·

Wens ek kon die regte regter kies maar ek glo dat ‘vir ewig’ tronk toe sy voorland gaan wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.