Tiener van Bloemfontein vermoor

Noeline Koekemoer. Foto: Facebook

Noeline Koekemoer. Foto: Facebook

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn 15-jarige meisie van Bloemfontein Dinsdag in ʼn plas bloed op haar slaapkamervloer gevind is.

Kapt. Chaka Morope, polisiewoordvoerder, het gesê die meisie se ma het laat gistermiddag op haar liggaam in hul huis in Bainsvlei afgekom toe sy terugkom van die werk af. Sy is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp geslaan en verwurg.

Volgens Morope was die slaapkamerdeur gesluit en moes die ma die deur oopbreek. Niks word uit die huis vermis nie.

Hoërskool Sand du Plessis het intussen op sy Facebook-blad die meisie geïdentifiseer as Noeline Koekemoer, ʼn gr. 10-leerling aan die skool. Die skoolhoof, Willem du Buisson, het Noeline as ʼn voorbeeldige en hardwerkende leerling beskryf en gesê sy sal baie gemis word.

Geen verdagtes is tot dusver geïdentifiseer nie. Marope het ʼn beroep op die publiek gedoen om die ondersoekende beampte te kontak indien iemand enige inligting oor die voorval het. Ao. Maria Janse van Vuuren kan by 082 301 6154 geskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Theresa ·

Is dit nie vreeslik nie. Hemel – die wêreld is darem siek en deurmekaar. Baie sterkte aan die ouers in hierdie vreeslike tyd.

CHRISTA ·

Ek hoop hulle vang die skuldige/s!! Hier kom te VEEL mense met moord, verkragting en ander misdaad in ons land weg!!!

Alien ·

Ons kinders en bejaardes(sagte teikens) word uitgemoor. Hierdie is die werklike probleem in ons land en ons moet ons besig hou om HULLE te beskerm, Nie ‘n stuk klip nie.

Chivago ·

Geen ma verdien dit om op so iets af te kom nie, hoe verwerk jy dit ooit?

Charlene ·

Dis aaklig, die arme ma. Geen maar geen ouer verdien dit nie. ek hoop hulle van die gemors skuldig aan dit. en k hoop ook hulle sit lank en dis nie `n uitgerekte hofsaak nie. Sterkte aan die ma en pa en almal wat haar geken het. Dit lyk asof sy nogal `n vreugdevolle lewens lustige jong dame was. Sterkte

LADYBUG ·

Ek weet dis nie reg om te vra nie, maar Bainsvlei is plotte, hoekom was die kind alleen by die huis?

chris ·

Waas moes sy dan wees ladybug dis haar huis? Sy was by haar huis soos wat enige ander mens maar by sy huis is. Dit is nie te se as mens op n plot bly jy is in n gevangenis nie.

pop ·

Ladybug, eintlik is dit ons reg om alleen by ons huis te wees, ook om in die straat te stap en skemer nog buite te wees. Maar helaas, ons regering wat ons beskerm het is weg.

Peet Schabort ·

Korrek pop, daar bestaan nie so-iets om te sê: “ek is verkrag maar gelukkig het hy my nie doodgemaak”.
Nonsens!!! Die misdaad moes NOOIT plaasgevind het. Sou hierdie een gevang word dan gaan daar seker eers ondersoek ingestel word of die meisiekind nie aanleiding gegee het. Dit maak nie saak, jy mag nie doodslaan. Bring terug die doodstraf. So eenvoudig soos dit.

Hannelie ·

Dis so hartseer……en so onnodig. ‘N Lewe beteken NIKS meer in hierdie land nie. Niks!! Sterkte aan haar ouers en familie.

Babs ·

Krag word die Moeder en geliefdes van die meisie toegebid. Ladybug, enigeen moet veilig wees waar hy of sy bly. Alles word voor die deur van die ANC Regering gelê. Hier is geen wet en orde in die land.

Chris ·

Ja dit is vreeslik,jare terug het ons baie min van al die geweld en moorde gehoor.
Dis nou al hoe meer in ons midde.
My inige simpatie vir julle.
Dis regtig tragies

E.T. Eddie Thorburn ·

Het nog ‘n hele lewe voor haar , maar is verkort deur een siek mens. So jammer vir die ours.

Neptunus ·

Klink na baie vreemde omstandighede. Hoop die SAPD gaan haar foon mooi deur vir leidrade. Arme kind, en dan moet haar doodsberig nog vergesel word van ‘n belaglike gesigtrekfoto ook. Sterkte aan die familie.

Nico ·

Simpatie aan die familie. Ek hoor egter wat Ladybug vra. Is ek te konserwatief of behoort 15 jariges onder toesig te wees? Kyk na die dogter wat wou uitvlieg om vir Islamitese Staat te veg. Hoe kom sy op ‘n vlieguig voor iemand lont ruik? Vra net – ek het ook ‘n 15 jarige en dink oor die dinge.

Marietjie ·

Nico – ongelukkig word 15-jariges as volwassenes beskou deur lugrederye en kan sonder toesig vlieg. As ek reg is, het die dogter wat vir IS wou veg besigheidsklas gevlieg. Ryk ouers laat toe dat hul kinders allen en die wêreld vol vlieg en ek sê nie dat dit hier die geval was nie, maar geen wenkbrou sal lig om ‘n 15-jarige alleen op ‘n vlug aan te tref nie. Verder, is daar ongelukkig Ma’s wat moet werk en nie regtig ‘n ander keuse het as om ‘n 15-jarige sonder toesig tuis te los nie. Hulle is nie meer babas nie en dagsorg / nasorg is uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.