Noetzie-kastele in Knysna onder die hamer

Die Noetzie-kastele in Knysna (Foto: Verskaf)

Nadat die Noetzie-kastele in Knysna in die Wes-Kaap sedert 2015 geen belowende kopers aanlyn getrek het nie, gaan dié eiendom in Februarie vanjaar weer onder die hamer kom.

Dié kastele, wat uit drie afsonderlike “kastele” bestaan en deel vorm van die eksklusiewe Pezula-oord en -hotel, is sewe jaar gelede vir meer as R35 miljoen rand verkoop, maar kon sedert 2015 nié ʼn koper kry wat bereid was om die eiendom vir sowat R56 miljoen te koop nie.

Joff van Reenen, die hoofafslaer en direkteur van High Street wat dié eiendom gaan opveil, sê unieke eiendomme soos dié kastele verkoop dikwels soos soetkoek op veilings.

Die kastele, wat altesaam sowat 1 000 m² groot is, het onder meer ʼn groot private tuin wat net enkele meters weg van die Noetzie-strand af is. Daar is ook ʼn spa, ʼn ten volle toegeruste gimnasium, ʼn terras met ʼn uitsig op die see waar dolfyne en walvisse baie dikwels te sien is en ʼn verhitte swembad. Die hoofkasteel alleen is sowat 650 m² groot.

Oudpres. Nelson Mandela het dié eiendom glo as ʼn “pragtige stukkie hemel” bestempel nadat hy en Graça Machel vir ʼn tien dae lange wegbreekkans daar gekuier het.

Die kastele het vroeër verlede jaar ʼn toekenning vir die beste buitelandse eiendom ontvang in die gesogte CNBC- internasionale eiendomtoekennings. Die eiendom is aangewys uit 4 000 inskrywings uit 56 verskillende lande.

Die veiling vind op 21 Februarie by Summer Place in Hyde Park in Johannesburg plaas. Diegene wat aan die veiling wil deelneem, moet vooraf op High Street se webwerf registreer.

Vir meer inligting, besoek die amptelike Noetzie-kastele-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Joe Olivier ·

Sou graag wou koop maar moes my kinders se skoolklere en skoolfonds betaal. Nou moet ek maar laat verbygaan.

Koos ·

Sou ook graag wou koop, maar sit in die buiteland en het n kind wat draadjies het en dit het my n knou gegee teen $8500, maar gelukkig gaan my kind aan die einde van alles n “million dollar smile” hê.

Lize ·

R102 000 vir draadjies… My kind se draadjiekoste van R42 000 klink nou ‘n winskoop.

Niklaas ·

Ons wou laasjaar met Kaap vakansie afdraai soontoe. Die grondpad was egter so vrot sleg dat ons na 3 km moes omdraai. Dit lyk pragtig op die fotos , moet enigeen erken.

LB S ·

Ons was so 15 jaar gelede daar met die trappies af. Onder gekom kry ek ‘n groot nood (no 2), gedink dis privaat woonhuise (die kastele) en oorweeg om te gaan klop en vra of ek ASB die toilet kan gebruik, maar wow! Mens doen mos nie so iets nie. Terug op ge”hardloop” en ‘n bossie gesoek! So ja, MY ondervinding om te gaan kyk was ‘n nagmerrie. Die pad was toe al baie sleg sinkplaat. My man was nie baie ingenome met my wat WOU gaan kyk nie.

Sanet ·

Toe ons laas daar het ek bietjie onveilig gevoel met al die hutte wat daar is.
En ek weet nie of ek vir al daai trappies kans sien nie.
Maar die kastele is pragtig.

Tiaan ·

Stem, plakkers terroriseer hulle. Sal duurste kat wees wat iemand nog ooit in die sak gekoop het

Bosvark ·

As ek vanaand die lotto weer wen sal ek hom nog steeds nie koop nie, ek sal eerder die helfte van my skuld afbetaal.
Die ander helfte sal maar moet wag

Wie s'n is dit? ·

Dit is so pragtig daar maar omdat dit nie meer VEILIG Is nie sal kopers tweekeer dink voordat hulle daar koop. JAmmer maar die feit dat geen toeris meer veilig is in SA nie, veral nie daar nie, gaan beslis tog die koopprys beinvloed, ek dink egter dit is PRAGTIG daar! Wie besit dit tans?

Manie ·

Was so 25 jaar gelede baie mooi. Intussen is daar ander “gewone huise” tussen-in gebou wat die kastele se atmosfeer uniekheid heeltemal verwyder het. Fotos is so geneem wat die ander huise nie wys nie.

Barries ·

My voorvaders het jare gelede in die omgewing gewoon, Sal maar ‘n grondeis insit.

Annie ·

Bank besonderhede sal oordrag doen – wag net vir geld van die Guptas af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.