Nog 1 vas ná ‘regeringsamptenare’ egpaar op plaas teiken

Die voertuig waarmee die ‘regeringsamptenare’ gery het (Foto: Verskaf)

Nog ’n verdagte is in hegtenis geneem nadat ’n groep vermeende plaasaanvallers vroeër die maand hulself as regeringsamptenare voorgedoen en toegang tot ’n plaas in die De Jagersdrift-distrik in KwaZulu-Natal verkry het.

Die verdagtes wou die betrokke dag kwansuis oor Covid-19 gesels waarna hulle ’n egpaar op die plaas probeer oorval het. Die egpaar kon egter vinnig hulp ontbied en die verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem.

Altesaam agt verdagtes word nou reeds met die gepoogde aanval verbind.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het Vrydag in ’n verklaring gesê ’n 28-jarige man is onlangs in Boksburg in Gauteng in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Dit is egter nie in dié stadium duidelik hoe hy betrokke is of op watter aanklagte hy teregstaan nie.

Mbele het wel gesê die man het reeds Donderdag in die landdroshof in Utrecht in KwaZulu-Natal verskyn. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 31 Augustus wanneer hy na verwagting aansoek om borgtog sal doen.

Maroela Media het vroeër berig vier aanvallers het hulself die betrokke dag as regeringsamptenare voorgedoen. Drie van die aanvallers is binne ’n kwessie van ’n uur deur lede van die gemeenskap vasgetrek nadat die egpaar daarin kon slaag om hulp te ontbied. ’n Vierde verdagte het selfmoord gepleeg.

Volgens Mbele is ’n voertuig met nog drie verdagtes die dag op die plaas gewaar waarna dié verdagtes ook in hegtenis geneem is.

Die verdagtes sal nou almal saam in Oktober in ’n hof verskyn, het Mbele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Is hulle wetklik Staatsamptenare of is.soos Gauteng se Bloulig Brigade

Niklaas ·

Die kriminele raak nou desperaat as hul sulke aanvals planne begin bedink en uitvoer

Yvonne ·

Snaaks dat die kriminele planne kan uitdink vir roof maar nie vir iets goeds nie….of is dit makliker …lyk nie so nie…..stupid stupid verby

Magda G ·

Is dit nie miskien info wat die regering het waar die plaasaanvallers al die info vd boere kry nie. Die spul sal seker gou borgtog kry en dan verdwyn die dossier ook nog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.