Nog 11 ‘aanhitsers’ vas ná onluste

Soldate gedurende die onluste in Gauteng. (Foto: GCIS)

Nog 11 beweerde aanhitsers is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die onluste wat dele van KwaZulu-Natal en Gauteng verlede jaar geruk het.

Tien mense is in Gauteng in hegtenis geneem en nog een in die Wes-Kaap, het brig. Thandi Mbambo, Valke-woordvoerder, gesê.

Altesaam 46 vermeende aanhitsers is nou reeds in hegtenis geneem. Die tien verdagtes wat in Gauteng in hegtenis geneem is, sal Woensdag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing tot geweld en aanhitsing tot brandstigting. Die verdagte wat in die Wes-Kaap in hegtenis geneem is, sal Vrydag saam met die ander verdagtes in die hof verskyn.

Die jongste inhegtenisnemings volg nadat altesaam 20 mense wat openbare geweld aangehits het, vroeër die maand oor die hele land vasgetrek is.

Spanne van oor die land is gemobiliseer om verdagtes terselfdertyd in KwaZulu-Natal, Gauteng, Noordwes, die Vrystaat, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap in hegtenis te neem.

Altesaam 22 verdagtes het op 13 Augustus in die Durbanse landdroshof verskyn in verband met die plundery en geweldpleging. Hulle is borgtog van R3 000 elk toegestaan op voorwaarde dat hulle geen inligting oor die saak op sosiale media mag deel nie; dat hulle die ondersoekbeampte in kennis moet stel as hulle die provinsie wil verlaat; en dat hulle die ondersoekbeampte in kennis moet stel oor enige verandering in woonadres of kontaknommer. Die saak is tot 26 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Dié aanhitsing is georkestreer tydens die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma en het tot plundery en vandalisme gelei. Grootskaalse verwoesting, reuse- finansiële verliese en werksverliese is aangemeld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

vuurvliegie ·

Hoekom is Zuma se kinders nie deel van die aangekeerde aanhitsers nie?

Manie ·

Hulle is nes Zuma, verhewe bo die wet, of altans so glo die owerhede.

Elize ·

Ons wag vir daardie klein spoilt brat om in die hof te verskyn. Hoekom haar uitsluit??

Oosieoos ·

Hoop hulle word swaar gestraf. Geldelik en tronk straf.
Zuma familie word nog beskerm gaan haal hulle uit moes eerste gewees het. Wonder of Cele hulle seker weer beskerm

Di ·

Dis hoogtyd dat hierdie TERRORISTE die gevolge dra van hulle dade! Kry net die grootbek ZUMA’s ook wat betrokke was hierby. Ek glo hulle was die GROOTSTE aanhitsers van die hele spul maar hulle word nie eers gemeld nie. Pappie trek seker weer toutjies in die agtergrond, like father, like son

Lillian ·

Hoekom is die kingpins nog nie aangekeer nie? Ek hou voet by stuk dat Mal-Ema agter dié onluste sit. Sy stilte gedurende die onluste, het boekdele gespreek.

George ·

Ek glo nie so nie, as dit hy was, sou hy die goeverment week na week gedreig het dat dieselfde en grootter gaan gebeur as hy nie sy sin kry nie.

Suzette ·

So hulle is nou vas – net ‘n kwessie van tyd dan is hulle weer los…..

Jr ·

My question still remains “What and when will the zuma brats be arrested.

domheks ·

R3,000-00 is vreeslik baie vir ‘n boete! Maar intussen het hulle MILJARDE RANDE se skade aangerig. As jy hulle more soek is hulle in Dubai! by die zuptas…

EnoughSaid ·

So hoe op aarde gaan nakomibg van “borgtog voorwaardes” gemonitor word? Mens het te doen met die skuim van die aarde……….anargie is hulle leuse….

Nicholaas ·

Ek glo en vetrou die hoof karakters se dag kom laaste en ek seker hul weet dit, dit moet nogal n naelbyt tyd vir hul wees, so val die pione een vir een, want GOD is in beheer.

PieterJ ·

Die skuldiges is geensins bekommerd nie,hulle weet mos die is net om ons bietjie te paai.

Louise ·

Ek verstaan nie hoekom hulle so sukkel om die skuldiges te kry nie. Niemand in of by die omgewing met enige soort van n kamera wat sien hoe mense trollies vol goed wegstoot nie. Wat van die mense wat hulle lewe verloor het, word NIEMAND daarvoor aangekla nie. Nee wat hier gaan niks van die saak kom nie. BELAGLIK laat so iets kon gebeur en dat dit solank vat om die saak te laat begin. Gaan seker maar ook n geval wees van nie genoegsame bewyse nie…

Kokerboom ·

Wat is rasionaal oor inhegtenisnames meer as ‘n jaar later? Uitkomste????

yahneh ·

Almal wat so wonder oor die stilte rondom die “hoë profiel” samesweerders, kom ons hoop hul hou die beste vir laaste. “Grand entrance” kom na vore…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.