Nog 13 liggame uit myn gehaal

Argieffoto: Leandro Neumann Ciuffo van Rio de Janeiro, Brasilië (Mina da passagem) via Markos90, Wikimedia Commons

Daar is Dinsdag nog 13 liggame uit ʼn myn in Welkom gehaal, wat die getal oorledenes in die myn op 24 te staan bring.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê altesaam 24 liggame is tot dusver uit die myn gehaal, maar die soektog na nog mynwerkers se liggame duur steeds voort.

“Die myn se veiligheidsmaatskappy is besig om die liggame na die oppervlak te bring. In die stadium het ons geen idee wie hierdie mense is nie. Sommige het naamplaatjies aan, so ons het name vir van die mense,” het Mbambo gesê.

“Ons is nie seker hoeveel mense binne die myn vasgekeer is nie, maar hulle [die mynbestuur] verwag daar kan meer wees. Die soektog duur vir eers nog voort.”

Sy het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek in verband met die dood van die 24 mense wat reeds gevind is.

Omstreeks 10:00 Maandag het die mynsekuriteit die polisie ingelig dat liggame ondergronds in die Eland-skag gevind is. Dit volg ná ʼn ondergrondse ontploffing Donderdag in die myn, het Mbambo vroeër gesê.

“Die liggame het reeds begin ontbind en van die oorledenes het naamplaatjies aangehad. Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie en dit word ook ondersoek. Die liggame van die mense wat nie werknemers by die myn was nie, moet nog geïdentifiseer word en daar moet nog vasgestel word hoekom hulle in die myn was,” het sy gesê.

“ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van die oorledenes se dood vas te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pik ·

Nou verstaan ek nie hoe weet jy nie wie werk vir jou nie hoe kom mense “sonder name” onder in n myn klink my tot die myne laat mense onwettig myn.

snoefie ·

swak baie swak. om maar net skouers op te trek en te sê “ons weet nie hoeveel mense was ondergrond en hoekom nie” is absoluut onverskoonbaar. julle “safety officers” het natuurlik weer rondgeloop om wit werkers uit te vang wat n geringe wet oortree sodat hy deur n swart mens vervang kan word. die dat julle nie weet hoeveel was ondergrond en hoekom nie.

Mr P ·

Natuurlik onwettige myners van buurlande. Kom steel in SA. Hul eie onderneming begin.

Johann ·

Kom ons dink? Shame, hoekom sou soveel mense in n myn wees? Oooooo jaaaaa! Om te werk…vir die maatskappy wat die myn besit en volgens streng reels bedryf. Hier kim weer n geleentheid vir die ANC om die ras kaart en KOLON isaisme en white monipoly capital te skree op.n massa geween en gekners van tande dag.

Fires ·

Klink vir my na goudrowers of zama-zamas, as van hulle nie daar moes gewees het nie. Hoekom word na hulle as mynwerkers verwys?

Scalla ·

Dit is onwettige myners(zama zama) wat gewoonlik van buurstate afkomstig is en alles hier kom plunder, dit is n baie groot finansiele bedryf en die vorige eienaars moet die myn toegooi en afseel.

Gerrit Nortjé ·

Ek verstaan dit nie hoe kan hulle nie weet wie is nog vermis nie. Die Wet van die Dept of Mineral and Resources sê dat die Lampkamer, Skofbaas asook Mynkaptein n “Shaft Clearance” moet doen na elke skof. M. A. W. as daar n ongeluk of enige viorval is behoort die lampkamer vir die myn te kan se wie kort en/of wie nog ondergrond is. Ek het n prosedure geskryf vir die skagte wat onder my was en sodoende kon ons onmiddelik bepaal wie-waar is.

REAList ·

Ek sien jy is nie ingelig dat die mense zama-zamas is nie.
Hier is heelwat negatiewe kommentaar oor die mynbestuur.
As mynwerkers omkom ondergrond word hulle deur hulle lampie nommers en resque pak nommers geidentifiseer. Die stelsel werk al vir jare.
Die feit dat die MRS nie gebruik word nie sê alles.
Die oorsaak van die probleem is dat die zamas mynwerknemers omkoop om ondergrond te gaan.
So die probleem is die korrupsie in ons land wat endemies is.

Mary ·

So baie mense met negatiewe kommentaar
Ek wonder hoeveel weet hoe die mynbedryf werk

So ver my kennis streak is eland skag all jare nie meer in produksie nie

Wat beteken dit kan waarskynlik nie die myngroep se werknemers wees nie

En as dit is twyfel ek of hulle daar mag gewees het

Gin skag sal voortgaan met werk as die skof nie geclear het nie en ek is seker ons in die area sou gehoor het as een van die skagte gestop is ivm vermiste werknemers

Meeste sal seker “zama zamas” wees

Unknown ·

DIT is glad nie ‘n SKANDE vir die myne nie, hulle KAN net eenvoudig nie hierdie mense meer beheer en daar uithou nie.

Ons mag nie meer Illegal miner se nie omdat hulle van ‘n sekere etniese afkoms is? Die mense weet watter gevare daar vir hulle is, maar praat jy daaroor is jy die aaklige mens. en rassis want die mense probeer net ‘n ‘lewe maak’. Jy KANNIE ‘n lewe maak op iemand ander se terrein en met hulle grondstowwe nie!! Maak toe ons grense en hou hierdie onwettige immigrante uit die land uit ..

Aubz ·

Ek werk vir n company wat die my se toerusting herstel ELAND skag myn hulle nie meer nie hy is net daar om water uit die ander skagte tepomp die mense wat dood is daar is almal onwetige myners (ZAMA ZAMAS soos meeste hulle ken al wat hulle doen is ons land se ekonomie beroof en ons verder in die rooi druk hulle klim in die mynskag af en word gevoed deur van die werkers wat op die skag werk teen n groot prys niks tedoen met die myn groep nie

Lulu ·

Wonder wat kos die opruimings-operasie van die sg. zama-zama’s die getroue en gereelde belastingbetaler nou weer? Maar durf ons vra vir werk of dat die grense beheer word, klap al die deure toe….. maar ons belasting-gelde is altyd welkom…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.