Nóg 130 verdagtes in hof oor onluste

hof-hamer

(Argieffoto)

Meer as 100 verdagtes wat vroeër vandeesweek betrokke was by grootskaalse plundering en geweld in Mamelodi, Gauteng, het eindelik Vrydag in die hof verskyn.

Die Tshwane-metropolisie het daarin geslaag om Maandag altesaam 130 verdagtes in hegtenis te neem. Dié verdagtes het intussen in die Mamelodi-landdroshof op verskeie aanklagte van geweld, diefstal en die besit van gesteelde goedere verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat meer as 1 200 mense reeds in verband met grootskaalse plundering en geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem is. Altesaam 46 beskuldigdes het ook Donderdag in die Randburg-landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die plundering van ʼn winkelsentrum in Diepsloot.

“Dit is belangrik dat diegene wat wetteloos optree die gevolge daarvan dra,” het Randall Williams, burgemeester van Tshwane, gesê.

Williams het bygevoeg dat verskeie wetstoepassingspanne steeds saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in dele van die stad ontplooi is om wet en orde te handhaaf.

“Die polisie het ook ʼn ondersoek van stapel gestuur om die gesteelde goedere op te spoor en aan die betrokkenes terug te besorg.”

Volgens Williams kon die stad Tshwane gevalle van geweld en plundering met behulp van beamptes en lede van die gemeenskap vinnig hokslaan.

Inwoners kan enige gevalle van geweld of plundery in Tshwane by die metropolisie, 012 358 7095/7096, aanmeld.

“Dié stad verwerp enige vorm van onluste,” het Williams gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flip ·

Dit is moeilik om te glo 1 persoon kan soveel wanorde en finansieele verliese in n land veroorsaak. Maar om Max du Preez se woorde aan tehaal in 2014 die persoon is n “one man wrecker ball. ” en ons het dit toegelaat. PATETIES

Persheks Adri ·

Gaan seker borg kry en verdwyn pffft! Ons weet mos hoe werk die stelsel al vir hulle

Nico ·

Daar is in elk geval nie plek in die tronke nie, so hierdie mense gaan vry gespreek word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.