Nog 18 toetsbeamptes in Limpopo aangekeer

Nog 18 toetsbeamptes van twee privaat voertuigtoetssentra in Polokwane (Pietersburg) in hegtenis geneem.

Joel Seabi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die persone is Donderdag in hegtenis geneem. “Hulle het herhaaldelik die identiteitsbesonderhede van niksvermoedende individue gebruik om padwaardigheidsertifikate uit te reik vir voertuie wat nooit getoets is nie.”

Altesaam 32 persone is reeds hierdie week in hegtenis geneem in verskeie dele van die provinsie as deel van Operasie Corolla. Vier persone is Maandag in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem en 10 persone is Woensdag in Marble Hall aangekeer.

Sewentien van die verdagtes sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Namane Dickson Masemola, Limpopo se LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, en adv. Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die Padbestuurskorporasie (RTMC), het by Operasie Corolla aangesluit. Hulle het nog inhegtenisnemings versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wielspore ·

Kom gerus Nelspruit toe, hier is toets sentrums wat voertuie deur die toets sit al is die voertuig nie padwaardig. Ons het ‘n gebruikte Citi Golf by ‘n handelaar gekoop, hy het die dag tevore COR geslaag, die enjin kap kabel was afgebreek, jy kon die enjin kap nie oopmaak. Onlangs is ‘n bakkie deur die toets, handbriek werk nie, slave cylinder se piston afgebreek. Ek het op my eie koste nuwe onderdele ingesit.

m ·

Ek wonder wat die verband is tussen die naamveranderings en useless kriminaliteit in onse landtjie is. Dit lyk my al hoe meer asof die twee hand aan hand gaan!!

Johan ·

Die produk van ‘n “Afrika demokrasie”…
Ons wou dit mos so gehad het…

Marius ·

Johan, hoeveel ons is in jou pond? Net jammer daar word nie landwyd “Operasie Corolla” gehou nie, en jammer sake neem ‘n ewigheid om afgehandel te word. Soos die man wat R87000 gemaak het om vir ander hul leerlinglisensies te gaan skryf. R3500 om die toets te gaan skryf,dus, R3500 vir ‘n uur se werk per dag, R17 500/week, x4 = R70 000/ maand belasting vry. Goeie geld, hoekom dan waarde heg aan ‘n lewe?

Chris ·

Nou is daar so 32 plus mense wat gevang is. Vilgende week kom hulle voor kry borg en gaan aan met hulle bedrog. Alternatief die staat skors hulle met volle salaris en hulle gaan sit by die huis. Hulle gaan nie nou en nou verhoor word nie en die kaders se verweer is jy is nie skuldig totdat jy skuldig bevind is nie . Die werk moet aangaan 32 nuwe mense word tydelik / permanent aangestel sodoende is dit mos werkskepping virdie provinsiale regering . Slim ne

Oom Uncle ·

Jy kan maar ‘n splinter nuwe voertuig vat .. As jy nie die nodige ” Administration Fees ” op die sitplek los nie sal jy weer gaan ,en weer gaan, en weer gaan, en weer gaan, en weer gaan. Daardie lessie het ek jare trug geleer. Die regte amptenaar kom lewer sommer jou papiere by die Spur af. As jy die “Consultant Fees ” betaal

Eerlik ·

Ek het jare gelede my bestuurs lisensie toetse gedop omdat die toets beampte (n vrou) wou he ek moet vir haar n werk aan bied en ek kon nie. Ek was bang vir haar omdat sy my besonderhede gehad het. Die tweede keer het die beampte omkoop geld gesoek wat ek nie kon bekostig nie en die 3de een het n bottel baie duur drank gesoek. Nevertheless to say, ek sit nogsteeds sonder n bestuurlisensie oor die klomp korrupsie. 2de en 3de lisensie deur bestuurs skole probeer doen maar soms is hul hande net so diep in die sakke met die beamptes. Een van die bestuur skool was n polisie beampte. As jy nie kan hoes nie gaan hul jou nie help nie. Ek wil my lisensie op die eerlike manier bekom en weier om mense om te koop. Hulle moet Waltloo in Pretoria ook ondersoek. Ek het al 3 my probeer slae daar “gefail” oor bogenoemde.

Louis leeu ·

Wat help dit hulle gaan hof toe kry borg en gaan dan voort met hulle bedrogspul .Hulle het geen ontsag vir die wet nie net soos die meeste van die amptenare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.