Nóg 180 koshuisleerders na hospitale gehaas

Hospitaal_wagkamer_vuurvreters_pixabay-2.jpg

Foto: pixabay.com

Nóg 180 koshuisleerders van die Hoërskool Ndamase buite Ngqeleni in die Oos-Kaap moes Donderdag na hospitale gehaas word nadat hulle ook voedselvergiftiging opgedoen het.

Maroela Media het vroeër berig 250 leerders van dié skool het Woensdagaand begin siek word en is na onderskeidelik die Mthatha-streekshospitaal, die Nelson Mandela- akademiese hospitaal en die St. Barnabas-hospitaal vervoer.

“Die 180 leerders [wat vanoggend opgeneem is] word in dieselfde hospitale behandel,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, aan Maroela Media gesê.

Volgens hom het dié groep leerders vanoggend omstreeks 11:00 begin siek word.

Volgens Kupelo toon die leerders dieselfde simptome as die eerste groep naamlik maagkrampe, braking en erge hoofpyn. Die eerste groep leerders is almal teen Donderdagoggend uit die hospitale ontslaan.

Kupelo het bevestig dat die departement bloed- en stoelgangmonsters by die leerders geneem het en dat dit ontleed word.

“Die leerders beweer dit is Weense worsies wat hulle almal geëet het wat hulle siek gemaak het. Die departement kan dit egter nog nie bevestig nie.”

Kupelo het verder gesê die departement gaan beamptes na die skool en die koshuis se kombuis stuur om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gesiggie ·

Betaal ten duurste vir Koshuis gelde dan kry hul kos wat alreeds verval het, of te lank buite gelos is”’ ek hoop die kinders sal almal goed herstel, die Koshuis het beslis groot probleme wat vir hul wag…al is dit nog nie bevestig? 180 leerders kan nie dieselfde simptome wys, as dit nie agv kos is nie? Gesondheids department moet bietjie gaan ondersoek instel”’ sterkte aan elke kind…

Muffin ·

Gesiggie dink jy regtig hulle betaal koskuisgelde of betaal ons nie dalk vir hulle nie

Shirley ·

Weense worsies vir ontbyt? Wraggies die kinders eet lekkerder as die gewone mens op straat. Gin wonder daar word so baie geld gemors op onderwys nie!

Petro ·

Regtig?? Jou kommentaar is walglik! Wat wou jy sien? Dat die kinders siek geword het van pap? Kom by!

Corne ·

Van wanneer af is weense worsies luuks ? Genade tog, as jy nie iets sinvols het om by te dra nie, bly eerder stil.

PAP ·

Petro en Corne wat eet julle vir oggendete want ONS gesin eet PAP, so regtig . wat is daarmee verkeerd of moet koshuiskinders nou VOORKEUR behandeling kry? Die kommentaar was glad nie walglik nie, mense vra maar net hoekom koshuiskinders nie maar dieselfde behandel word as ons kinders by die huise nie. MYNE eet pap in die oggend, en my man EN ek eet PAP, so ek is jammer as dit nou armsalig en walglik vir julle is!

BB ·

Swartgallig en galbitter is die twee woorde wat ek aan dink. Mense dink net bietjie verder voordat julle kommentaar lewer. Dit is so kortsinnig om vanaf die heup te vuur.

VUURVRETER ·

O my wereld en wat het jy toe nou bygedra tot die artikel? Het jy ‘n kind gehelp om gesond te word of om beter kos te verskaf of sit jy net en ander se kommentaar aanval? Wie se dit is van die heup af gevuur? Dink bietjie aan “net jou mening tel” en “geen respek vir ander se opinie” dalk sal beter woorde by jou opkom. Ek sal die kommentaar lewer wat ek voel ek wil lewer .. dit het NIKS met jou te doen nie.

BB ·

Beter om weg te bly van enige verwerkte vleis. Dit is hoog op die lys vir moontlike Listerisis besmetting.

Sarel Strydom ·

Sommige kommentare gaan my verstand te bowe. Kinders !!! Is siek weens vergiftiging!! Maak nie saak hoe nie en ook nie watter ras nie!! Kom by en hou op galbraak. Dit van veronderstelde volwassenes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.