Nog 2 polisiebeamptes doodgeskiet

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiebeamptes is Woensdag in Soweto doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die beamptes is op die toneel dood terwyl die ander beampte later in die hospitaal oorlede is. Volgens Dlamini het twee rowers ʼn supermark in Dobsonville beroof en terwyl hulle van die toneel gevlug het, teen ʼn ongemerkte polisievoertuig gebots.

“Die rowers het toe glo op die beamptes losgebrand. Die beamptes se vuurwapens word vermis en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie,” het Dlamini gesê.

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het vroeër aan joernaliste gesê daar word vordering gemaak rakende polisiemoorde. Sy het gesê die meeste van die vermeende moordenaars is agter tralies.

“Dit is tyd dat wetstoepassers hulself beskerm teen hierdie gevoellose misdadigers … dit moet end kry,” het sy gesê. “Daar word van wetstoepassers verwag om te alle tye hul koeëlvaste baadjies te dra, maar dit lyk nie of dit gebeur nie. Dit lyk vir my asof beamptes nie die toerusting wat aan hul verskaf word, doeltreffend gebruik nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Prit ·

En wat van ins boere en die gewone man op straat? Oh ja, nou onthou ek.

Pieter dp ·

Soo was die skrif teen die muur die oomblik toe die ANC al die poorte oop ge maak het. Nooi was hul bekomer toe die volk van die land hul ge vra het om beheer toe te pas met instroomings beheer en toepasing van wet en orde nie. Nou is dit die vrug wat hul pluk van hul dade.

louis van wyngaard ·

Dis belangrik om jou koeelvaste baadjie te dra.was dit nie vir myne was ek dood.het nou wel net die gebruik van my een arm 50 persent verloor maar ek lewe en kon na my gesin terug keer.dis net n sot wat dink hy sal tyd he om syne te gaan haal uit die kattebak of agter die bakkie se sitplek.ek was met n r4 geskiet en net my arm was afgeskiet.kon myself nog verdedig het .nee mense wees paraat.n aanval gebeur skielik en is n groot trama.dra die vervlakste ding.jou familie verdien dit dat jy weer terugkeur.

Skoppensboer ·

Dit is vir my verbasend dat daar nou aksie-planne in plek gestel word om die moord op polisie manne te stuit maar tot nou toe was daar nog niks in plek gesit om die moord op boere te voorkom nie. Dit is al jare ‘n probleem en duisende boere is al vermoor maar die regering sien dit nie as ‘n krisis nie. Die moord op ‘n polisieman haal die nuus waar die moord op ‘n boer al so allerdaags is dat dit skaars die koerante haal.
Wat moet ons doen om ook die nodige aandag op die plaasmoorde gevestig te kry sodat die nodige aksie stappe kan geneem word?!

Christie Joubert ·

En nou skeilik is die misdadigers “gevoelloos”… En as ons Boere vermoor word, is daar n doodse stilte. Wys jou maar net weer; dit is n nasie wat net aan homself dink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.