Nog 2 tot 3 jaar voor Eskom op dreef is

Argieffoto

Argieffoto

Dit sal glo nog tussen 20 en 30 maande lank neem voor Eskom weer op dreef is en ingehaal het met instandhouding, het die direkteur-generaal van die departement van energie, Wolsey Barnard, Dinsdag gesê.

“Dit gaan tyd vat, moontlik in die omgewing van tussen 20 tot 30 maande,” het Barnard aan die African Energy Indaba in Sandton, Johannesburg, gesê. Maar vir die volgende paar maande gaan ons baie aandag moet spandeer aan instandhouding en om die verskaffing te normaliseer.”

Dit is die eerste stap om die land se energiebehoeftes aan te spreek en sal ʼn “veilige” gaping tussen verskaffing en aanvraag verseker.

“Beurtkrag beskerm ons netwerk om ʼn verdonkering te verhoed,” het hy gesê.

Die regering ondersoek ook die moontlikheid om gas en steenkool te gebruik as deel van die geïntegreerde hulpbronneplan. Deelname aan hierdie projekte deur privaat entiteite word verwelkom.

“Die sleutel om energiekwessies te verbeter is om die infrastruktuuragterstand aan te spreek,” het Barnard gesê.

Tussen $7 miljard en $8 miljard (tussen R81 miljard en R93 miljard) moet jaarliks in Afrika belê word om universele toegang tot energie teen 2035 te bereik. “Altesaam $200 miljard moet belê word om hierdie persone toegang te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swanna ·

Stop alle prestasie bonusse vir hierdie bestuur van ESCOM. As daar ooit so iets plaasvind moet daar wetregtelik opgetree word teen elke persoon en die bestuur van ESCOM.

Hendrik ·

Nou tyd om stap vir stap onafhanklik te raak. Krag aankope gaan net duurder en duurder word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.