Nog 2 vas ná vrou se liggaam in vlak graf aangetref is

Xolisile Gchonco. Foto: Verskaf

Nóg twee verdagtes is in hegtenis geneem ná die liggaam van ʼn 30-jarige vrou wat sedert 2 Februarie vermis was Donderdag in ʼn vlak graf opgespoor is.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die vrou se liggaam is in die Mpola-omgewing in Mariannhill, Pinetown, gevind.

“Die vrou is op 2 Februarie as vermis aangemeld en ʼn ondersoek is van stapel gestuur. Die Mariannhill-polisie het later ʼn saak van moord ondersoek wat tot die inhegtenisneming van ʼn 36-jarige verdagte gelei het,” het Mbhele gesê.

Die man is van moord aangekla en het Vrydag in die Pinetown-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 26 Februarie.

Volgens Mbhele het die uitgebreide polisiesoektog tot die inhegtenisneming van nog twee verdagtes, onderskeidelik 26 en 30 jaar oud, gelei.

Die verdagtes is aangekla van moord en ontvoering. Al drie beskuldigdes sal 26 Februarie in die hof verskyn.

Die vrou is geïdentifiseer as Xolisile Gchonco. Sy is die laaste keer gesien toe sy haar woonplek in Mpola verlaat het. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekendgemaak nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Die oorsaak van haar dood? Moord is mos (soos verkragting en roof) vir die laaste 24 jaar ons land se nasionale sport!! Daarom is die doodstraf afgeskaf, want NET die moordenaars het mos die “reg om te lewe”!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.