Nog sowat 25 000 leerders in Gautengse skole geplaas

Panyaza Lesufi (regs) Sondagoggend gedurende ‘n mediakonferensie oor skoolplasings. (Foto: ANA)

Die Gautengse departement van onderwys kon daarin slaag om nog 24 935 voornemende leerders die afgelope maand in skole in die provinsie te plaas.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Sondag gesê in dié stadium moet nog altesaam 9 618 gr. 1- en gr. 8-leerders in skole geplaas word vir die komende skooljaar. Dít vergeleke met 34 553 leerders wat teen 3 November nog geplaas moes word.

“Teen vandag het ons 272 741 (96,4%) van 282 787 aansoekers wat dokumente ingedien het, geplaas. Dit weerspieël ʼn toename van 4 569 plasings in ʼn paar dae. Daarbenewens is 521 plasingsaanbiedings vrygestel, maar nie deur ouers aanvaar nie. Die oorblywende 9 618 leerders (3 210 gr. 1’s en 6 408 gr. 8’s) moet nog plasingsaanbiedings ontvang en ons werk onverpoos om hulle teen die 30 November-sperdatum te plaas,” het die LUR verseker.

Lesufi sê die departement kon daarin slaag om kapasiteit te vergroot sodat meer voornemende leerders wel plek kan kry. Die meeste van die skole onder die ergste druk van plasings is dus in dié stadium vol.

Die departement gaan voorts gr. 1-plasings prioritiseer om dié leerders so spoedig moontlik te plaas voordat hy sy fokus na gr. 8-plasings verskuif.

“Ons het skole geïdentifiseer waar bykomende klaskamerkapasiteit benodig word om ekstra plasings moontlik te maak. Verkrygingsprosesse is aan die gang om te help met die voorsiening van mobiele klaskamers aan dié betrokke skole,” verduidelik die LUR.

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Volgens Lesufi het die departement met skole wat ʼn hoë aanvraag het, ooreengekom om hul kapasiteit te vergroot ten einde meer leerders in te neem. Daar is met skoolhoofde onderhandel om die kapasiteit in bestaande klaskamers te vul. Daar is ook ooreengekom om die ongebruikte klaskamers van skole in te rig en mobiele klaskamers in die beskikbare ruimte op skoolterreine op te rig.

Lesufi verduidelik dat die departement op skole gefokus het wat nié hul volle kapasiteit met plasings bereik het nie.

“Die stelsel bied outomaties aanbiedings met toepassings binne 30 km en verder as 30 km; oordragte is verwerk na skole met beskikbare plekke vir ouers wat van toepassing was op een skool wat gevul is,” verduidelik hy.

Die departement doen opnuut ʼn beroep op ouers om daarop te let dat die gereguleerde toelatingsvereistes in die volgorde van die volgende kategorieë geplaas word: die leerder se woonplek is die naaste aan die skool se voedingsgebied; die leerder het reeds ʼn sibbe in die skool; een van die ouers se werkplek is in die voedingsgebied van die skool; die leerder woon binne ʼn 30 km-radius van die voedingsgebied; en die leerder woon buite ʼn 30 km-radius van die skool se voedingsgebied.

“Dit het duidelik geword dat 160 057 (60%) van leerders slegs by een skool aansoek gedoen het wat die plasingsproses verder belemmer, omdat ons die leerder in die voedingsgebied moet plaas.”

Volgens Lesufi het 18 223 van die 160 057 leerders aansoek gedoen by skole buite hul voedingsgebied.

Die LUR het in ʼn verklaring gesê dit is belangrik om enige verwronge bewerings wat vroeër vandeesweek gemaak is oor die plasing van Afrikaanssprekende leerders in townshipskole uit te klaar.

“Die departement het nog nooit die voorneme uitgespreek om Afrikaanssprekende leerders in townshipskole te plaas nie. Die uitgesproke voorneme is om Engels en Afrikaans as die taal van onderrig en leer in die ondergeskrewe townshipskole bekend te stel. Sulke skole sal gehelp word om die nodige onderwysers te verwerf wat oor die kwalifikasies en vaardigheid beskik om in die vereiste taal van onderrig en leer klas te gee.”

Die LUR doen ʼn beroep op ouers om aanbiedinge te aanvaar aangesien dit gegrond is op beskikbaarheid. “Ons hoofdoel is om te verseker dat geen leerder sonder ʼn skool is nie. Ons wil ouers verseker dat hul kinders ʼn plasing aangebied sal word,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gatvol ·

Ek hoop hy bring toilet geriewe ook na die skole. Goed en wel om te spog dat hulle so goed vorder, maar hulle voorsien nie die nodige sanitasie geriewe nie. Was by so skool wat hulle net vol geprop en nog klas kamers voorsien het. Maar van die leë beloftes oor sanitasie het jy nooit gesien nie. Dink hy ons is so dom.

André-Chris ·

Dis hoekom ek vir tribalism is …. die erkenning van elke groep se bestaan … elke groep se aspirasies sonder om ‘n ander een s’n te vertrap …

potlood ·

Bou meer skole en benut die skole wat leeg staan in die townships en hou op op kinders van die einste townships met taxi’s aan te ry na skole wat floreer,bemagtig die township skole om ook te floreer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Toe die witmense hierdie plan in 1975 in werking gestel het…..was daar chaos. “When the language of Afrikaans alongside English was made compulsory as a medium of instruction in schools in 1974, black students began mobilizing themselves. ” Dit het gelei tot die Soweto Uprising…….en het die toekoms van elke Suid Afrikaner wat vandag hier leef onherroeplik verander………….en nou wil die Departement van Onderwys beide Afrikaans en Engels as onderrig tale in die township skole bekend stel? Weet hierdie dude nie WAT se groot akkies dit in 1976 veroorsaak het nie? Hy behoort tog die geskiedenis te ken, dan nie?

Spook op thaba ·

Dit n skielike ommeswaai van sy storie. Het die township storie te warm geword vir hom. Dankbaar ek het nie kinders

De Villiers ·

Hoekom word hierdie tipe goed op ń Sondag gehou, ANC? Hoekom nie enige van die ander 6 dae nie sodat mense hierdie dag soos ń Sabbat moet deur bring? Hulle weerhou ander Christene ook, soos dié wat vir die media werk, om dié dag te heilig.
Ek weet die ANC ondersteun godsdiensvryheid, maar dan respekteer hulle mos nie my of ander Christene se godsdiens nie.
Die EFF is ook lief daarvoor om hulle sake op Sondae te doen, maar dan wil hulle vir Angus Buchan dreig as hy noem dat God ń verbond met net twee volke het. Dit sinspeel dat hulle dus Christene is, maar hulle aksies strook dan mos nie met dié van Christene nie. Hoekom ook Sondae kies vir jul sake?

Johanna Botha ·

Daar word nie skole gebou omdat daar nie geld is en nou is daar nie genowg plek ….useless anc met hulle patetiese bestuur en kader ontplooing wat so plunder

Gert ·

S ek my somme regmaak oor die tempo waarteen kinders in skole geplaas word is dit duidelik dat die proses per hand gedoen word en nie deur die duur rekenaar program nie.

Susna ·

Diegene wat nie deur Lesufi se agenda kan sien nie kan gerus bietjie dieper gaan kyk. I rest my case.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.