Nóg 3 bordeelbestuurders aangekeer

Argieffoto

Nog drie bordeelbestuurders, twee vroue en een man tussen die ouderdomme van 26 en 44, is Woensdag deur die Valke in Mpumalanga vasgetrek.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die operasie is in samewerking met die Witrivier- honde eenheid uitgevoer in Besterstraat in Nelspruit.

Die verdagtes sal Donderdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

“Mensehandel is ʼn doring in almal se vlees. Mense word groen weivelde en studiegeleenthede belowe en dan in bordele aangehou waar hul blootgestel word aan dwelms en fisiese en seksuele mishandeling,” het Sekgotodi gesê.

Die arrestasie kom nadat agt mense vroeër verlede week in Nelspruit in hegtenis geneem is nadat die Valke en ander betrokkenes ʼn bordeel in die stad oopgevlek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

laevelder ·

ek hoop die polisie gaan die openbare bordeelbopvdie r37 net buite nelspruit ook toemaak en die “bestuurders” ook agter tralies sit. nie bet dan en wan stop vur n freebie nie. die Danes sit en staan daar rond in hulle next to nothings terwyl een sit en haar naakte “ware” ontbloot vir aankomende verkeerd. dus walglik. daar is kinders ook in die verkeerd wat gefkash word. SIES!

geennuus ·

wat van die lang bome in Rustenburg…kom nou moet nie se julle weet nie van daai plek nie…
almal weet van die plek en niemand doen niks om hulle te stop nie…regtig…

Piet Pompies ·

In ons gesin word daar verwys na die “meisies van die nag” en Nelspruit het ook sy aandeel daarin. Soos in die vorig kommentaar is dit op die Sabie pad uit Nelspruit en Kaapsehoop pad ook uit Nelspruit. Ons reis gewoonlik na werk op die roetes en dit is dan dat hierdie gediertes hul verskyning maak. ‘n Vriend van my het onbewustelik op so ‘n laaisone gestop en vir ‘n vriend gewag toe ‘n dame hom nader vir besigheid, die vriend het so groot geskrik en skaam gevoel dat hy net daar die pad gevat het. So dit is nie “veilig” om op enige plek langs die pad te stop, jy kan dalk iets vreemds optel….

koos ·

Dis dan die laeveld boere se kuier plek.As hulle nie daar is nie,dan is hulle in pretoria of JHB. Ek weet,ek is die uitsmeiter by n paar plekke.meeste klante is MP reg hilux bakkies.

JoeBloggs ·

And what about the upmarket brothel in Pretoria in Lynnwood called heavenonearth? Same thing, richer clients bigger house. Same old same old. Close it down.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.