
Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan Aspen se fasiliteit in die Oos-Kaap. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)
Suid-Afrika sal aanvanklik toegang tot sowat 30 miljoen dosisse van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof hê wat op tuisbodem in die Oos-Kaap vervaardig word.
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag saam met adjunkpres. David Mabuza Aspen se fasiliteit in Gqeberha (Port Elizabeth) besoek van waar sowat 220 miljoen dosisse van die entstof vervaardig en oor die res van die Afrika-kontinent versprei sal word.
Maroela Media het vroeër berig Johnson & Johnson het ʼn ooreenkoms met Aspen aangegaan om die entstof in Suid-Afrika te vervaardig.

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan Aspen se fasiliteit in die Oos-Kaap. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)
Die president het ook melding gemaak van die onlangse kritiek op die stadige pas waarteen gesondheidswerkers in Suid-Afrika ingeënt word en gesê die beskikbaarheid van entstof is ’n uitdaging vir alle lande reg oor die wêreld.
“Deel van die rede waarom ons hier is, is om seker te maak dat ons die beskikbaarheid van ons entstof bespoedig.”
Ramaphosa het gesê hoewel Suid-Afrika agter is met sy inentings teen Covid-19, sy regering steeds daartoe verbind is om die bevolking so gou as moontlik teen die koronavirus in te ent en hoegenaamd nie misluk het in die uitvoering van sy entstofplan nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
” … sy regering steeds daartoe verbind is om die bevolking so gou as moontlik teen die koronavirus in te ent …” Teen die huidige pas van inenting, gaan dit LANK neem om bykans 60 miljoen landsburgers in te ent. “So gou as moontlik” beteken nie oral dieselfde nie.
Goed so,nou het ons 30 miljoen maar wat nou? Wie gaan dit toedien en wanneer? Hier is geen plan nie
…. en nog ‘n lekker pledgie-projek vir die staatskapers in die Oos-Kaap… en wie is die baas by Aspen? So dit is hoekom die staat so getalm het met die lewering van entstof. Is dit weer ‘n Gupta-vinger-in-die-virus-gelaaide-paai. J&J is maar 60% of so voordelig. Werkskepping wat uitlanders ryk maak, is ons ondergang. Maar pledges bly die ANC se droom. Ek ruik ‘n paar ou rubber-plakkies en ‘n vuil kortbroek oor ‘n ou lyf… grrr… Ons wag vir Indian antiviral soap and vermectin cream… and masks and needles…
Ek hoop dit het ‘n vervaldatum van minstens 2035. Soos dit nou lyk sal dit eers oor 10 jaar min of meer begin gebruik word.
Waarom so baie “koop” as die president self gesê het jy sal nie gedwing word om dit te kry nie? Nog 20 miljoen van Phizer, reeds meer as 500 000 ontvang van J&J, nog onderhandelings met China en Rusland. Beteken net dat ons gedwing sal word om dit te neem op ‘n stadium.
Is dit nie ‘n bietjie laat nie ?