Nog 4 positief getoets vir Covid-19 in SA

Die nuwe koronavirus Covid-19. (Grafika: CDC/Alissa Eckert, MS; Dan Higgins, MAM via Wikimedia Commons)

Daar is Donderdag altesaam 17 bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika aangemeld nadat nog vier pasiënte sedert Woensdag positief vir dié nuwe koronavirus getoets is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het bevestig dié vier nuwe gevalle is ʼn 38-jarige man van KwaZulu-Natal, ʼn 27-jarige vrou van Mpumalanga, ʼn 43-jarige man van Gauteng en ʼn 32-jarige man van die Vrystaat.

Die 32-jarige man van die Vrystaat was onlangs in aanraking met ʼn Chinese sakeman in Suid-Afrika. Dit is die eerste geval waar die virus plaaslik oorgedra is.

Die ander drie pasiënte het onlangs na die buiteland gereis.

Die 38-jarige man van Durban is positief getoets terwyl hy hier vir sy familie vanuit Turkye gekuier het. Hy het intussen na die Verenigde Koninkryk gereis en die afgelope naweek na Suid-Afrika teruggekeer.

Die 27-jarige vrou van Mpumalanga het onlangs na Amerika gereis. Die 43-jarige man van Johannesburg het die afgelope naweek na New York vanaf Dubai gereis en toe weer terug na Suid-Afrika.

Volgens Mkhize toon dié vier pasiënte matige simptome en word tans tuis onder kwarantyn gehou. Hulle word ook reeds vir hul simptome behandel.

Die departement is nou besig om diegene wat kontak met dié pasiënte gehad het, op te spoor.

Maroela Media het vroeër berig teen Woensdag is minstens 3 642 Suid-Afrikaners vir Covid-19 getoets. Meer as 115 000 mense wêreldwyd is gediagnoseer met die virus en 4 200 oorlede sedert die virus in Desember in China uitgebreek het.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Faraway ·

Waarom nie n sentrale punt waar almal wat besmet is in SA saam kan wees met behandeling nie soos n hospitaal of kliniek spesiaal ingerig vir diegene . . .
Dit behoort virus te stop!

Botterblommetjie ·

dan ry iemand hulle aan en so raak hul nog meer en meer …. Ek glo aar reeds baie wat dit het en nognie weet nie. Hierdie nie soos HIV of so iets nie, die virus is “airborn”…

twaalfboor ·

So met ander woorde ons soek nou nog verteenwoordigers vir die oorblywende 5 provinsies.

Mariette ·

Wonder nou net waar is al die mense wat so ‘n bohaai gemaak het oor mense wat reis. Hierdie een geval het plaaslik gebeur en was nie eens in die buiteland nie.

ameli ·

Want Mariette dis duidelik daai chinees was met sy mense van china in aanraking.

Plaaskind ·

Mariette, lees die berig weer mooi – al die ander gevalle het die mesne gereis in die buiteland. Slegs EEN geval is plaaslik besmet, deur iemand anders wat nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie. Dis tog nie moeilik om daardie som te maak nie. Die reisigers is selfsugtig en onverantwoordelik.

A.S ·

Word net meer en meer en gaan nog erger word. Kom ek raai die Minister gaan nogsteeds sê SA moet net kalm bly maar intussen loop die gevalle gemaklik by die lughawes in!

charmaine ·

Dis dalk onmoontlik maar alle vlugte na die plekke nou maar stop gesit word. Van my kollegas moet 5 Oorsese werks vlugte kanselleer.

Wonder net ·

Se vir ons waar die mense is!!!!! Ons het kinders in skole en het ‘n reg om te weet!!!!!!

Leonie ·

Ek stem 100% saam met jou. Al wat ons weet is dat van die Kwazulu gevalle in Pietermaritzburg is. Dorpe in provinsies sal help want so kan ons weet of ons kinders ok is.

Anel ·

Ek wil nodsteeds weet hoe is dit dar net 1 persoon op ‘n vlug besmet is. Wat het van al die ander passassiers geword?

Stofbakkies ·

Dit is belaglik dat hulle ons nie inlig waar hierdie mense woon nie, ons het kinders in die skool en mens werk met mense elke dag!

Wonder net ·

My mening ook. “name and shame” is seker die verkeerde term om te gebruik, maar se ten minste vir ons waar is die gevalle sodat ons weet. Ons het kiddies in die skole en ek werk elke dag asv erkoopspersoon met die publiek. Dit is jou mensereg om te weet om jouself en jou gesin sodoende te kan beskerm.

marius ·

Die limpopo studente word gehuisves in ‘n privaat lodge reg langs die N1 20 km buite poloniekwane . Wat is die rekening en wie betaal daarvoor ?

Corne123 ·

Ai ai en daar is gese SA is reg? wonder hoe waar dit was

Melanie ·

n Sakeman uit china… wat as hy by restaurante was of al die ander mense wat onwetend langs hom was??

Gewaardeerdery ·

eks glad nie bekommerd oor die Corona Virus nie… mens moet net meer bekommerd wees oor die moordernaan in Suid Afrika… honderde duisende mense word dood daar aan maar daar word geen bohaai gemaak daaroor…

Tiaan ·

Ek verstaan nie die paniek oor hierdie virus nie, 4200 mense dood in 4 maande as dit so aangaan gaan dit neerkom op 12600 sterftes in een jaar en dit wereld wyd… daar was verlede jaar meer as 60000 mense dood net in Amerika aan gewone verkoue…en uit 115000 wat besmet is is daar slegs 4200 sterftes… do dit beteken daar is mense wat gesond word daarvan so waarom hef mense en die media hierdie virus so hoog op en saai onnodige panniek tegtig vergelyk dit met malaria maar die wereld is stil oor dit, hoekom? Want dit is ou nuus…

James ·

Wel, dalk het jy (en ek) – nie al die inligting nie?

As ‘n demokratiese land soos Italie die hele land “toemaak” – en die Amerikaanse regering alle vlugte na/van Europa opskort vir 30 dae: Moet ‘n mens begin vra:

Waarom sou hulle dit doen? Dis dan net nog ‘n verkoue! Waarom sou hulle hul ekonomiee seermaak – vir verkoue?

Trump – het nie Amerika toegemaak vir verkeer net omdat hy so voel nie. Hierdie tipe besluite verg groot aanbevelings van magtige organisasies binne die VSA.

Hoekom sou hulle dit doen – en hulself finansieel seermaak – vir verkoue?

Dink daaroor..

Hellsbells ·

Hoekom kan hul nie vir ons net presies sê waar dit is nie, sodat mense ingelig is en voorsorg kan tref en attend kan wees… dalk kan mens só bydrae om die verspreiding minder te maak of ten minste probeer…

Hein ·

Daarmee stem ek ten volle saam. Dorp naam sal help selfs ‘n area binne ‘n dorp. Die provinsies is groot

ZeldA ·

Die persoon is in Nelspruit Medi Clinic volgends koerant maar is van Malelane

Hein ·

Ons kan niks daar omtrent doen nie ons moet maar net hoop ons kry dit nie. Nie eers die magtige VSA en UK kan dit keer nie.

Mieke ·

Waar in die Vrystaat is die eerste Covid-19 geval? Die Vrystaat is nogal groot…..

Amanda ·

Maar dan beteken dit mos daar is meer gevalle. Die chinese sakeman het dit dan ook

Strandloper ·

Is dit regtig die ware feite? Ander brone meen dit is meer as 70? Help my reg….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.