Nog 5 vas oor VBS-skandaal

Nog vyf verdagtes is in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in die sogenaamde VBS-skandaal.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het die inhegtenisnemings Donderdag vroegoggend in Gauteng en Limpopo gedoen.

Nog drie verdagtes sal na verwagting deur die loop van vandag hulself aan die Valke oorgee.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê onder die verdagtes is ’n besturende direkteur van die omstrede VBS Mutual Bank verantwoordelik vir kleinhandel, ’n voormalige hoofbedryfsbeampte van die bank en die uitvoerende hoof van Vele Investments, vier kommissie-agente en ’n ampsdraer van ’n politieke party in Limpopo.

Die verdagtes word betrek by 188 aanklagte, waaronder diefstal, bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery.

Nog ’n verdagte, ’n werknemer van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit in Limpopo, is in hegtenis geneem in ’n afsonderlike saak wat verband hou met die belê van munisipale fondse in die VBS.

Dié verdagte word aangekla van die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, korrupsie en geldwassery.

Die verdagtes sal almal Vrydag in die Palm Ridge-handelshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig sowat R2,3 miljard is na bewering binne twee jaar uit die VBS-bank se fondse getap.

Minstens agt mense staan reeds tereg op aanklagte wat verband hou met die grootskaalse plundery van die bank terwyl die voormalige finansiële hoof van VBS Bank, Phillip Truter, tien jaar tronkstraf opgelê is nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nie Verbaas ·

Maar Malema en kie nog steeds op vrye voet. Hoe pateties.

groenboer ·

Wel, die artikel sê “‘n ampsdraer van ‘n politieke party in Limpopo”, so dalk is dit nog ons pel Julius. :-)

Nie Verbaas ·

Ek hoop regtig so maar ek dink dit is miskien n ANC ampsdraer.

Deon ·

Ek eet my hoed op as hulle hom arresteer, maar mems kan seker ook maar hoop

Misky ·

Truter het skuld beken en reeds gevonnis. Vinnig en klaar. Hoekom kan dieselfde nie maar met die ander gebeur nie en met die nodige bewyse kan dit mos vinnig gebeur. Tronk toe en lê beslag op al hul bates en betaal terug. Hoekom altyd so lank sloer met alles!!!

H ·

hoekom is malema nog nie ge arresteer nie ?????? wanneer gaan ons eendag n antwoord op dit sien ???

JM ·

Die witman is tronk toe gestuur. Waarom die getalm en uitstel met die ander beskuldigdes? Malema se dag kom; die wiel van geregtigheid draai stadig maar gewis.

JohanR ·

Maar Mal-ema en Floyd Shivambu nie onder die vyf nie? Dink Shamila Batohi moet die openbare beskermer volg by die deur uit! Sal ons maar se ‘n ANC en EFF gaan NOOIT tronk toe?

B-Man ·

Kan nie wag om te hoor wie die “politieke ampsdraer” is nie. Malema en kie. ken die persoon natuurlik seker glad nie…

Dries ·

MOOI. Een ou is toegesluit van vele.
HOEKOM ??? Omdat hy wit is verseker

Petrus ·

Jy hoor net van inhegtenis geneem, maar niemand is tronk toe nie en geld bly weg. Jy hoor nie van een wie se eiendomme motors terug gevat is of bankrekenings gestop is nie. Die is alles propoganda.

Johan ·

Die ANC kan gerus die VBS laat herrys as ń Nasionale Volksbank.

Genis ·

Wanneer vat hulle vir Malema vas? O nee ek vergeet hulle drink koffie uit VBS bekers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.