Nog 6 toets positief vir Covid-19 in SA

Argieffoto ter illustrasie

Nog ses pasiënte in Suid-Afrika het positief getoets vir Covid-19. Dit bring die getal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus in die land op 13 te staan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in ’n verklaring vier van die nuwe gevalle is in Gauteng aangemeld. Dit sluit in ’n 33-jarige vrou wat op 1 Maart vanuit Italië na Suid-Afrika teruggekeer het.

’n Paartjie het intussen ook positief getoets vir die gevreesde virus nadat hulle Maandag vanuit Duitsland teruggekeer het. Die man is 34 jaar en die vrou 33 jaar oud.

’n 57-jarige man het Maandag die land binngekom nadat hy na Italië en Oostenryk gereis het. Dié man het intussen positief getoets vir Covid-19.

Nóg ’n nuwe geval is in KwaZulu-Natal aangemeld waar die eerste bevestigde Covid-19-geval verlede week aangemeld is. Dié man het na Portugal gereis en Saterdag teruggekeer na Suid-Afrika.

Die eerste bevestigde geval is ook nou in die Wes-Kaap aangemeld. ’n 36-jarige man het Maandag die land binnegekom nadat hy verskeie lande waaronder Duitsland, Oostenryk, Switserland en Turkye besoek het.

Volgens Mkhize word die pasiënte wat in dié stadium simptome toon reeds vir dié simptome behandel. Sommige van dié pasiënte is in ’n hospitaal opgeneem terwyl diegene wat nié simptome toon nie, tuis onder kwarantyn gehou word.

Die departement is nou besig om diegene wat kontak met dié pasiënte gehad het, op te spoor.

Die departement het tot dusver 3 642 toetse vir Covid-19 afgehandel.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Belinda ·

Jy sal nie glo nie, mense het vakansies vooraf gereel en gaan dit doen, nie in Europa in die grootste geteisterde gebiede waar die virus begin het. Dit voel amper asof hul die noodlot uittart.

Rooikoos ·

Sommige van ons werk oorsee en wil ook darem soms huis toe gaan as dit reg is met jou.

Mariette ·

Wel glo dit… Ons is een van die onverskillige mense en vlieg die einde van Mei vir 2 weke Thailand toe. Ons trip is al in begin Desember bespreek en betaal voor die lelike ding sy kop uitgesteek het. Jammer maar ons gaan ons vakansie geniet en is nie bereid om duisende rande te verloor nie.

Plaaskind ·

So jul dra liewers die moontlikheid om julself en hoeveel ander nog siek of selfs dood te veroorsaak indien jul ook met die virus huis toe kom.

Cecilia ·

Hulle sê hy is getoets by ‘n privaat instansie en hy was laaste wat ek gehoor het in kwarantyn by sy huis

Andre ·

Hoe is dit moontlik dat die mense net eenvoudig kan terugkom van ‘n ander land sonder enige toetse ens.Na paar dae skielik is hulle siek…??Mis ek iets. Moet hulle nie vir ‘n langer tyd in kwarantyn gehou word nie.Teen die temo gaan niks verbeter nie en gaan die siekes net meer word.

Magda ·

Hulle word nie voor gekeer op ons Lughawens nie – en dit is hoe goed ons SA regering voorberied is – gese deur ons minister van gesondheid.

BRBR ·

Ek wonder of die vrou wat 1 Maart teruggekeer het deel is van die eerste 10, of op dieselfde vliegtuig was?

Wonder net ·

Mense weet wat die risiko’s is, en steeds kies hulle om in en uit die land te reis. HOEKOM IS DIE MENSE NIE GEIDENTIFISEER OP DIE LUGHAWE NIE!!!!!!
Hoekom identifiseer hulle nie die plekke nie, sodat jy kan weet wie en watter areas om te vermy. Dit is jou mense reg om te weet waar die gevare is en om jouself en jou gesin te kan beveilig. Ek se sit ‘n media verklaring uit wat almal kan sien op alle sosiale media platforms en lig die mense in waar is die areas van besmetting en voorkom sodoende verdere besmettings. Ek dink dit is ons reg om te weet

Alet ·

Gaan nie werk nie. Net soos HIV. Almal weet waar jy dit kry en hoe maar dit keer nogsteeds nie miljoene mense per jaar om net nie te worry nie en derduisende word jaarliks geinfekteer met HIV. Verskil is met Corona is dat jan alleman dit kan kry sonder om intiem te wees met die draer.

Christian ·

Ek wonder ook, met 44 sterftes ´n dag op SA paaie hoekom klim mense nog steeds in voertuie? ‘n mens weet mos wat die risiko is. Met 58 moorde elke dag in Suid-Afrika, verlaat jy nog daagliks jou huis? ‘n mens weet mos wat die risiko is! Daar is groter gevare daar buite. Ons moet die virus ernstig opvat maar om weg te kruip en te “panic” gaan niks help nie. Het mense’n idee hoeveel mense Suid Afrika elke dag binnekom? Daar is geen manier om elke liewe persoon te kan check nie. En vir die wat vakansie wil gaan hou in die buiteland, wel ek sê “go for it”!

Reinhardt ·

Die virus is orals, weet nie hoekom mense dink dit gaan nie in SA beland nie. Jy kan ook nie honderde duisende mense stop by n lughawe nie. Raak rustig mense, drink vitamine C, was jou hande gereeld en hou jouself gesond.

Plaaskind ·

NIEMAND moes toegelaat word om China te verlaat waar die gemors begin het nie. Dan sou dit nie so versprei het nie.

Dries ·

En so ruk dinge stadig hand uit… Wonder wanneer die eerste sterfte aangemeld gaan word.

summie ·

Ek dink die probleem is dat wanneer mense by die lughawe aankom en hulle nie koors het as hulle inkom nie, dan word hulle “vrygelaat” Die simptome kom glo eers 10 dae later. Die beste wat ons almal kan doen is om kalm te bly, gereeld hande te was of Sanitiser te gebruik voor of na jy aan iets gevat het soos bv ;n inkopie trollie ens. Ek weet dit gaan moeilik wees. En die BELANGRIKSTE van als is om nie aan jou mond, neus of oë te raak nie ! Maskers gaan niks help nie ! Dit is net belangrik vir mense wat reeds hoes om dit te dra, en sodoende nie die virus te versprei daar waar hulle hoes nie. En verder moet ons BID vir genade dat die virus gou in die kiem gesmoor sal word.

charmaine ·

Ek wil weet as jy nou by jou huis of hospitaal onder kwaratyn geplaas word moet jy van jou siekverlof vat of word gesien as nood/lewensgevaarlik? Of moet jy bewys bring van dokter/hospitaal en dan word as n spesiale verlof aangeteken? Dis tog iets buite menselike beheer?

Marisa W ·

My werkgewer, een van die groot banke in SA, die blou een met die vlaggie ;), het al met die aanvang van die virus laat weet dat, indien enige personeellid onder kwarantyn geplaas word of siek is as gevolg van die virus, dit nie deel van ons siekverlof of gewone verlof sal tel nie – daar sal spesiale verlof ingestel word. Dit help om by ‘n groot, ingeligte instansie te werk wat omgee vir sy personeel.

Rooikoos ·

Sommige besighede sien dit asof jy werk van die huis af en is dus betaalde dae.

Rissiepit ·

Indien ons gereed was as land om die verspreiding van die virus te keer en te beheer moes ons alle buitelandse vlugte vir eers gestop het. Indien dit nie moontlik is om die buitelandse vlugte te stop nie, moes ons die passasiers onder kwarantyn geplaas het vir ‘n tydperk om seker te maak dat hul virus vry is voordat hul na hul huise kon terugkeer. Dit wil vir my voorkom of ons nie die virus ernstig genoeg opneem nie. Pro-aktiewe optrede is mos baie beter as die Re-aktiewe optrede wat nou besig is om te gebeur.

Cecilia ·

Ek voel dis ons reg om te weet waar hierdie geval in die Wes Kaap is. Hoekom dit ‘n geheim hou!!!???

Sean ·

Hierdie land se grense is oop Maak nie saak waar jy was en hoe siek jy is as jy by die lughawe kom Kan jy deurstap jy is welkom hier Paspoort of de not

Elke van Bloem ·

Ek het ‘n oplossing vir die mense wat’ n onbeheerbare drang na reis het! Ons weet die tydperk wat jy aansteek totdat jy simptome wys is tussen 14 en 21 dae. Verplig al die wereldreisigers om vir ‘n week of wat in kwarantyn te wees in die land waar hulle rondgejakker het, en ook weer verpligte kwarantyn as hulle voete in die land sit. Laat hulle hierdie kostes asook verpligte daaglikse toetse self dra. Miskien as mens dit so ongerieflik as moontlik maak…. En jy dit aan jou sak voel,sal mense twee keer dink.

Nell ·

Tipies. Nou gaan dit weer in ‘n heksegejagtery ontaard… volg die basiese higiëniese rituele en bly kalm. Nie almal wat die virus opdoen sterf nie. Terloops, vrees vir ‘n virus (of wat ook al) is natuurlik ‘n erger en meer aansteeklike virus as die virus self!

Grens ·

Ek reis oorsee oor ‘n week, en ek gaan nie dat die ou virusie my nou terug hou nie. Dit is ‘n vreeslike bohaai oor ‘n verkoue. Daar gaan nog steeds meer mense ‘n jaar in SA dood aan griep, as wat die virus sover in die wereld dood gemaak het. Ek lewe nie in vrees nie.

Wonder net ·

Baie jammer vir die persoon: “Gauteng Health MEC Bandile Masuku says the critical patient, who is 57-years-old, also suffers from a chronic kidney disease.
“One of them is a 57-year-old with renal disease, which we are quite worried about, because those are two factors that usually give a severe pattern of the disease that we have seen.” Hoop regtig van harte dat mense wat vas beslote is om te reis, dit sal heroorweeg. Dit is ‘n selfsugtige besluit, want jy mag dalk jonk en ‘n sterk immuun het, maar onthou die ou tannie van 75 wat langs jou in die ry by Checkers of Spar staan, se immuun is nie so sterk nie. Hoop ons lughawe/ns stel sterker en meer pro-aktiewe maatreels in plek om mense op die spot te stuur vir “self isolation” as hulle uit ‘n land met positiewe gevalle kom. Wat het geword van die vraelys wat hulle opgestel gehad het, of was dit net van toepassing op Chinese. Hallo…. dit is nie net hulle wat siek is nie, ook nie net mense wat van China af kom nie. Wonder net..

Anel ·

Wat ek wil weet is het die verskillende mense wat nou positief getoets is nadat hulle van die buiteland reuggekom het alleen in die vliegtuie gevlieg? Waar het die res van die passassiers vandaan gekom? Wonder maar net.

Susann ·

MM – Julle berig 3642 gevalle getoets… ‘n ander nuusblad gee ook dieselfde aantal… nou sê die Regering slegs 645 is getoets… 3000 tikfout is ‘n groot fout….???

Sune van Heerden ·

Dagsê Susann

Ek het sopas weer op die departement van gesondheid se verklaring bevestig die getal is beslis 3 642 persone wat reeds getoets is vir die virus.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Tinker ·

Wat ek wil weet is wat het geword van die voorsorg by die lughawes of was dit ook net nog n storie. Ek kry die mense jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.