Nog 6 toets positief vir Covid-19 in SA

Argieffoto ter illustrasie

Nog ses pasiënte in Suid-Afrika het positief getoets vir Covid-19. Dit bring die getal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus in die land op 13 te staan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in ’n verklaring vier van die nuwe gevalle is in Gauteng aangemeld. Dit sluit in ’n 33-jarige vrou wat op 1 Maart vanuit Italië na Suid-Afrika teruggekeer het.

’n Paartjie het intussen ook positief getoets vir die gevreesde virus nadat hulle Maandag vanuit Duitsland teruggekeer het. Die man is 34 jaar en die vrou 33 jaar oud.

’n 57-jarige man het Maandag die land binngekom nadat hy na Italië en Oostenryk gereis het. Dié man het intussen positief getoets vir Covid-19.

Nóg ’n nuwe geval is in KwaZulu-Natal aangemeld waar die eerste bevestigde Covid-19-geval verlede week aangemeld is. Dié man het na Portugal gereis en Saterdag teruggekeer na Suid-Afrika.

Die eerste bevestigde geval is ook nou in die Wes-Kaap aangemeld. ’n 36-jarige man het Maandag die land binnegekom nadat hy verskeie lande waaronder Duitsland, Oostenryk, Switserland en Turkye besoek het.

Volgens Mkhize word die pasiënte wat in dié stadium simptome toon reeds vir dié simptome behandel. Sommige van dié pasiënte is in ’n hospitaal opgeneem terwyl diegene wat nié simptome toon nie, tuis onder kwarantyn gehou word.

Die departement is nou besig om diegene wat kontak met dié pasiënte gehad het, op te spoor.

Die departement het tot dusver 3 642 toetse vir Covid-19 afgehandel.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elize

Ek kan nie glo mense reis nog steeds die wereld vol nie

Juliet

Weet iemand dalk waar in die Wes-Kaap?

Andre

Hoe is dit moontlik dat die mense net eenvoudig kan terugkom van ‘n ander land sonder enige toetse ens.Na paar dae skielik is hulle siek…??Mis ek iets. Moet hulle nie vir ‘n langer tyd in kwarantyn gehou word nie.Teen die temo gaan niks verbeter nie en gaan die siekes net meer word.

BRBR

Ek wonder of die vrou wat 1 Maart teruggekeer het deel is van die eerste 10, of op dieselfde vliegtuig was?

Wonder net

Mense weet wat die risiko’s is, en steeds kies hulle om in en uit die land te reis. HOEKOM IS DIE MENSE NIE GEIDENTIFISEER OP DIE LUGHAWE NIE!!!!!! Hoekom identifiseer hulle nie die plekke nie, sodat jy kan weet wie en watter areas om te vermy. Dit is jou mense reg om te weet waar die gevare is en om jouself en jou gesin te kan beveilig. Ek se sit ‘n media verklaring uit wat almal kan sien op alle sosiale media platforms en lig die mense in waar is die areas van besmetting en voorkom sodoende verdere besmettings. Ek… Lees meer »