Nog 8 pasiënte in SA sterf weens Covid-19

Dr. Zweli Mkhize. Foto: GCIS

Die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, het nog agt lewens in Suid-Afrika geëis. Dit bring die land se dodetal op 161 te staan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand in sy jongste verklaring gesê die aantal bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika het ook nou tot meer as 8 000 gestyg.

Altesaam 8 232 gevalle van die nuwe koronavirus is tot dusver in die land aangemeld met 424 nuwe gevalle die afgelope 24 uur.

Die Wes-Kaap het steeds die meeste bevestigde gevalle van Covid-19 (3 994), gevolg deur Gauteng met 1 804 gevalle.

Luidens die verklaring is 12 774 toetse sedert Woensdag uitgevoer. Dit bring die getal toetse in Suid-Afrika tot dusver uitgevoer op 292 153 te staan. Byna ewe veel toetse is in dié stadium in die openbare sektor (145 379) as die private sektor (146 774) gedoen.

Altesaam 3 153 pasiënte het ook reeds aan Covid-19 herstel.

Volgens Mkhize is ses van die jongste Covid-19-sterftes in die Wes-Kaap aangemeld. Die ander twee sterftes is in KwaZulu-Natal aangemeld.

Die land se sterfgevalle lyk só:

ProvinsieGetal sterftes
Oos-Kaap18
Vrystaat6
Gauteng15
KwaZulu-Natal40
Limpopo3
Mpumalanga0
Noordwes0
Noord-Kaap0
Wes-Kaap79
Totaal161

 

Maroela Media is bewus daarvan dat daar soms teenstrydighede is in die Covid-19-syfers wat in berigte aangehaal en in grafieke aangedui word. Die syfers word egter net so oorgedra uit inligting wat van die departement van gesondheid ontvang word. – Red.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Belinda ·

Ja, ongelukkig, en hoeveel is oorlede in ongelukke, van moord en die miljoen ander siektes, (wat nou skielik van geen belang is nie)?

Leeuwyfie ·

Daar moet nou onderskeid getref word van die wat sterf as gevolg van covid19 en die wat sterf met covid19.

Ronel ·

En hoe moet ons as mens die stories glo en of al hierdie “UPDATES” die ware JAKOB is en glo my………nie eers n derde van hulle is dood aan rook nie………Maar dinge word van ons af weggvat so asof ons hulle kinders is!!!!!!! SEEING IS BELIEVING!

J ·

Afrika se mense sien die regering as hulle Pa en Ma wat hulle sal voed en klee en huisves en dokter en skool ensovoorts … KINDERS !

Maar in die katel is hulle GROOT! Geen regeringstoestemming word gevra vir aanwas nie. Nee daar maak en laat staan hulle die babas. … vir ek en jy om om voor te betaal!

J ·

Die DA is in beheer in die Weskaap … daarom sal die ANC propaganda die provinsie VERF met die Corona kwas.

Waar (in watter provinsie) is die meeste VIGS, TB, MALARIA ensovoorts, gevalle?

Natuurlik ALMAL in die Weskaap! … ha … ha …

Anel ·

Daar is tot dusvêr net so oor die 200000 mense getoets, in amper 2 maande! Hoe lank wil hulle vat om die res te doen? Seker sal hulle nie in ons leeftyd klasr wees nie. So, hoe lank gaan ons nog geiselaar gehou word? Daar is nou ook al die afgelope tyd meer mense dood agv van ander oorsake soos moord, ongelukke esm as die virus. Ek vat eerder die kans on vry rond te beweeg as om gyselaar gehou te word.

Willem ·

Die anc in die Wes Kaap vra dat ons terug gaan vlak 5 toe. Nie baie slim nie aangesien vlak 4 en 5 skaars verskil. Die doel van die uitgerekte inperking is net om die ekonomie te sink niks anders nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.