Nóg 8 vas vir 93 moorde by Glebelands-hostel

Argieffoto

Agt verdagtes onder wie ʼn polisieman is vroeër in hegtenis geneem in verband met 93 moorde by die berugte Glebelands-hostel in uMlazi in KwaZulu-Natal.

Mxolisi Kaunda, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het dié nuus bevestig.

Dié inhegtenisnemings volg nadat die Durbanse hooggeregshof die 28-jarige Mxoleleni Bhani, die sogenaamde Glebelands-huurmoordenaar, in September vanjaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis het vir die moord op Sipho Ndovela. Hy is ook tot ʼn verdere 12 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van poging tot moord ná ʼn voorval in Junie 2015.

Kaunda het dié inhegtenisnemings Dinsdag geloof. “Die onlangse deurbraak deur die polisie het die vertroue van Suid-Afrikaanse gemeenskappe in die polisie weer herstel. Ons loof die polisie vir hul werk omdat hulle selfs na ander dele van die land gereis het om die verdagtes vas te trek,” het hy gesê.

Kaunda het gesê dié inhegtenisnemings is ʼn belangrike stap in die rigting om misdaad by die hostel ʼn nekslag toe te dien.

“Die talle ongelisensieerde vuurwapens dui op hoe gevaarlik hierdie verdagtes is. Die polisie se volgehoue ondersoeke dui egter daarop dat die regering stabiliteit by dié hostel wil verkry.”

Hy sê die inhegtenisneming van ʼn polisiebeampte bevestig dat “sommige goed opgeleide individue” saam met misdadigers werk om geweld te pleeg en om vrees by gemeenskappe in te boesem. Hy meen dié inhegtenisneming “sal ʼn sterk boodskap stuur”.

Kaunda sê die regering het intussen verskeie stappe gedoen om ʼn einde te bring aan die situasie by die hostel. Kringtelevisiekameras is onder meer as deel van dié projek geïnstalleer en die omgewing word deurlopend gemonitor.

Die agt verdagtes het in die landdroshof in uMlazi verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swart Piet ·

Sou dit nogal verwelkom het indien die politikuste hulle toegespits het op die oplossing van plaasmoorde ook.

Hendrik ·

Sommer net so? En tadaaaa, ons vetroue is hestel in die SAPS! Jy kan die hele land in hegtenis neem, dit sê niks! Die bewys van polisie kundigheid lê in SUKSESVOLLE vervolging, nie inhegtenisneming nie!

WHAT ·

Daarshy .. die polisie is oral betrokke, plaasmoorde, ATM diefstalle, OR Tambo diefstalle, plaasmoorde .. hoe roei jy nou kriminele uit as jou eie polisiemag korrup is en selfs kyk hoe word ‘n UBER drywer gejaag en geslaan en in sy voertuig aan die brand gesteek?

Hebe ·

Dink julle ons moet land uit? Daars baie anti-wit propaganda deesdae, maak mens nogals bang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.