Nog ‘aanhitsers’ van KZN-onluste vas

Soldate gedurende die onluste in Gauteng. (Foto: GCIS)

Nog beweerde aanhitsers wat glo verantwoordelik was vir die onluste wat dele van KwaZulu-Natal en Gauteng verlede jaar geruk het, is Donderdag in hegtenis geneem.

Altesame 20 mense wat openbare geweld aangehits het, is regoor die land vasgetrek. Dit nadat talle ander die afgelope paar maande in hegtenis geneem is.

“Die Valke het beduidende vordering gemaak in die ondersoek na die beweerde aanhitsers wat openbare geweld deur sosiale media en ander platforms tydens verlede jaar se onrus aangevuur het,” sê brig. Thandi Mbambo, woordvoerder van die Valke.

Spanne van regoor die land is Donderdag gemobiliseer om verdagtes terselfdertyd in KwaZulu-Natal, Gauteng, Noordwes, die Vrystaat, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap in hegtenis te neem.

Die grootskaalse inhegtenisnemings is glo gedoen om te verseker dat die persone gelyktydig in die hof sal verskyn.

Die beweerde aanhitsers sal na verwagting Vrydag in die Durbanse-landdroshof verskyn op aanklagte wat wissel van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg en aanhitsing om brandstigting te pleeg.

Die ondersoek duur voort en Mbambo meen dat nog inhegtenisnemings moontlik op hande kan wees.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die jongste inhegtenisnemings verwelkom en die vervolgingspan bedank vir hul pogings om die land te beveilig.

“Die spanne onder my bevel sal aanhou werk sonder vrees, guns of vooroordeel,” het Lebeya gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

PieterJ ·

Ooee wonderlik!! En volgende?? O ja, heeltemaal niks gaan met hulle gebeur soos gewoonlik, die wet beskerm die kriminele tog so mooi.

Theuns ·

Geen woord of die werklke aanhitsers van n sekete familie wat direk betrokke was arresteer is nie!? Weer klein visdies omdat hul bang is om die ware kriminele te arresteer! Media bevorder korrupsie en verval deur NIE die vraag te vra en te rapporteer of die werklke aanhitsers arresteer is nie. Dis ‘n cheap show vir die agterlikes om hul te paai en stil te hou. Werklike kriminele kom VRY weg.

Dries ·

Ons moet ophou gebulls…t word met niksseggende arrestasies nie.Kry die REAL organiseerders,nie die puppets wat whatsapps gestuur het nie.Kry daai wit renegaat,zuma,ace,juliaas.Die REAL instigators.

miraclealigner ·

Dit sluit seker nie vir Zuma en kinders en kie in nie?

Ligloop ·

Hierdie is nou soos mosterd na die maal. Of iets met die mense sal gebeur, ek weet nie.

Robbie ·

Dit is hoe sake gaan verloop: Landdroshof, hooggeregshof, appèlhof, konstitusionele hof, gevangenis, onluste, vrygelaat op parool deur gevangeniskommissaris.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.