Nog aanklagte kom teen ‘valse’ Limpopo-dokter

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die saak teen ʼn man van Limpopo wat glo vervalste kwalifikasies gebruik het om vir jare as ʼn dokter te praktiseer, is Woensdag in die Polokwane-landdroshof uitgestel.

Anton Okey Nwuafor, oorspronklik van Nigerië, se borgtogaansoek is uitgestel nadat uitgebreide wetlike debattering tussen die staat en sy verdedigingspan ontstaan het. Die staat het uiteindelik versoek dat die saak uitgestel word sodat Nwuafor se adres en migrasiestatus nagegaan kan word.

Nwuafor het glo al die afgelope paar jaar as dokter by ʼn staatshospitaal in die provinsie gewerk. Hy is ook na bewering onwettig in die land. Hy en sy vrou, Amar, is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn beampte van die departement van binnelandse sake omgekoop het by ʼn winkelsentrum in Polokwane.

Meivel Machaba, senior staatsaanklaer, het aan die hof gesê die ondersoek na die saak duur steeds voort en daar is ’n moontlikheid dat verdere aanklagte bygevoeg kan word. Hy het nie daarop uitgebrei nie, maar wel gesê aanklagte van korrupsie en oortreding van die Wet op Immigrasie is nie genoeg nie.

Machaba het aan die hof gesê hoewel die saak dringend is, moet dit nie voorrang geniet bo ander sake nie aangesien die hofskedule vir die aanhoor van borgtogsake reeds baie vol is. Nwuafor se regspan het die Staat daarvan beskuldig dat hy die taktiek gebruik om hul kliënt te ontneem van sy kans op ʼn vinnige borgtogverhoor.

Advokaat Apo Molepo het gesê die staat het meer as genoeg tyd gehad om sy kliënt se adres en migrasiestatus te verifieer sedert hy verlede week in hegtenis geneem is.

Die saak is tot Vrydag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GES ·

Verstaan mooi asb. Die arme “dokter” het net nagelaat om te sê hy is eintlik ‘n toordokter.

Jacoba ·

Mmmmmm ….. Wonder hoeveel van sy soort is nog oral. In ons hospitale ?????

Piet Pompies ·

Wonder hoeveel pasiente het onder sy mes deurgeloop voordat hy uitgevang is………
Die dag toe die regeringsbeampte die onwettige transaksie gedoen het met die “Doktor”, het hy ooit besef wat die implikasies is van sy optrede…..

Dee ·

Ag jong, alle dokters is nie mes-dokters nie. Weet jy niks van dokters af nie? Leer dan!

Tessa ·

Gaan kyk maar net in die Pretoria middestad hoe baie die “dokotela” en “surgery done here” daar is ek is seker jy gaan daar net so baie “dokters” soos die een kry…

pop ·

Piet pompies hulle dink eenvoudig nie. Mense se lewens is niks werd nie.

Mike de Beer ·

Waarom so genadeloos optree teen ‘n man wat oor sy kwalifikasies jok? Hoe is daar teen die “big wigs” soos Pallo Jordan, die SAUK nar een die PRASA pampoen en andere opgetree? Ek weet een voudig nie of sy oortreding enigsins erger is as die res nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.