Nog aanklagte ná PE-ma se moord

Vicki Terblanche (42) se liggaam is in vlak graf in ’n oop veld in Greenbushes in Gqeberha gevind. (Foto: Facebook / Lala Fourie)

Reinhardt Leach (33) en Dylan Cullis (24) word nou van vyf aanklagte, waaronder moord en sameswering om moord te pleeg, aangekla ná die moord op die 42-jarige Vicki Terblanche.

Leach en Cullis het Maandag en Woensdag weer vlugtig in die landdroshof in Gqeberha (Port Elizabeth) verskyn voordat die saak na volgende Donderdag uitgestel is.

Die twee mans se borgtogaansoek sal na verwagting dán aangehoor word, sê Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Luidens die klagstaat staan Leach en Cullis nou tereg op aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en regsverydeling.

Die twee mans word van die moord op Terblanche verdink nadat haar liggaam verlede maand in ʼn vlak graf in ʼn oop veld in Greenbushes in Gqeberha gevind is. Leach was ten tyde van die moord in ʼn verhouding met Terblanche en het saam met haar gewoon. Sy het ook ʼn 12-jarige seun uit ʼn vorige huwelik.

Leach het kort ná die moord self sy vriendin as vermis by die polisiestasie aangemeld.

News24 berig Terblanche is vermoedelik bedwelm, gewurg en/of versmoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Die Boerepompie ·

Ek weet nie wat om te se nie dat n mens so mooi mens dood maak .Dit is vir my as mens net nie reg nie .Nee Nee man Here help ons ASB in Die land en op die aarde Dat die soorte ding nie gebeer nie amen

Johanna ·

Mans was eens seuntjies wat alleen deur a Mamma groot gemaak is. Mammas moes sorg vir alles. Seuns is kwaad vir mammas wat hulle moes leer tande borsel , toe-mond kou, skoolwerk doen, bed opmaak ens
Hulle haal hulle furstrasies uit, op mammas wat moes sê daar is nie geld nie op mamma-vrouens wat in die grootmens wereld vir hulle moet sorg. Siek Pappas wat van een vrou na ander hardloop en kinders maak waarvoor hulle nie sorg en voorsien nie..

ES ·

Ongelukkig kry hy borg totdat hy skuldig / onskuldig pleit. Dit is maar hofprosedure. Die hof kan hom nie net aanhou net omdat hy beskuldig word nie, hy moet eers skuldig/onskuldig pleit.

Swerwer ·

Dit blyk dat moord tans die Nasionale sport van ons land is.

Misky ·

Intussen word daar berig dat die eksman ook aandeel in die moord en beplanning het

Danie ·

Dis tragies dat verskille of argumente met moord probeer opgelos word.
Die neem van n lewe vir enigiets anders as in noodweer is totaal onaanvaarbaar.
Maar dries hulle sê mos dit maak nie saak hoe mooi en sexy en oulik n vrou is nie, iewers erens in die wereld is daar n man wat keelvol is vir haar strooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.