Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Woensdag (11 April) klagte van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing en vervalsing teen Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), indien.
Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, sê die organisasie doen dié stappe omdat Abrahams nié geskik is vir die posisie as NDOV-leier nie en dus uit sy amp verwyder moet word.
“Die aantygings teen Abrahams behoort genoeg rede vir pres. Cyril Ramaphosa te wees om Abrahams af te dank, aangesien dit duidelik is dat hy nie geskik en gepas is om die pos te beklee nie,” sê Taute.
Die aanklagte sal by die Silverton-polisiestasie in Pretoria teen hom aanhangig gemaak word.
Dit kom nadat die organisasie in Februarie ook strafregtelike aanklagte van meineed en regsverydeling teen Abrahams ingedien het. Die burgerregte-organisasie het destyds ook ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om Abrahams af te dank.
James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het vroeër vanjaar ook gesê Ramaphosa moet “leierskap toon” en ʼn nuwe NDOV-hoof aanstel.
Maar iemand weerhou Cyril daarvan, of is hyself net nie opgewasse?
Donderdag is die 12de…
Dagsê Petro
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media
Wonder net wat van die regering gaan oorbly as Cyril almal moet afdank wat nie op meriete daar is nie.
Uitstekende plan. Hy moet ook van die rol van advokate geskrap word.
Plaas hulle nou maar net vir Shaunie die Skaap los, hy pla ons nie ! Ons is gewoond aan hom !!!
Afriforum moet liewers van hierdie halglike Openbare Beskermer vrou wie Thuli Madonsela se plek oorgevat het ONTSLAE raak. Daardie aanstelling was die grootste fout van alle tye. Shaunie die Skaap is maar net daar rond, hy pla ons nie !!!!
Hoe redeneer jy, Linda. Die man is ‘n skelm en hy neem besluite wie vervolg moet word, en wie nie.
nes toe sal die paddaman net weer sê hy dank niemand af ner omdat die mense dit wil hê nie.
Donderdag is die 12de April, nie die 11de soos berug nie.
Dagsê Org
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media
CR is in feitlik dieselfde posisie as Trump. Wie kan hy afdank en wie sal hy aanstel. Die Zuma-koors het die hele ANC platgetrek en antibiotika daarteen werk stadig en sommiges genees nooit. Hyself is nooit getoets nie, so hy en ons hoop die siekte takel hom nie te veel af nie, want… Die prez sit reeds voor elke byeenkoms eers vir 15 min in die kar en wag sodat sy volgelinge die omgewing kan toets en kyk of die lug suiwer genoeg is om uit te klim om die volgende groot beloftes af te gaan kondig. Hou duimvas….
sover dit regstellende aksie betref, is sy ras in elk geval “verkeerd” vir sy pos. ek weet van talle kleurlinge wat met werksaansoeke moet hoor “sorry but you are not black enough”. dan is daar ook kleurlinge wat oor die hoof gesien word met werksaanstellings, omdat die “nasionale demografie” gevolg moet word.
Kan iemand dalk die name en tydperke van die NVG hoofde vanaf Dula Omar tot nou toe bymekaar sit. Sommer ook die redes waarom hulle weg is. Dit behoort ‘n goeie wankelrige prentjie te skep van die rugsteun van geregtigheid in die land …..
Waaroor gaan die beweerde klagtes – lesers sal graag wil weet