Nog aanklagte teen konstabel wat glo moor

Argieffoto

Argieffoto

Konst. Rishen Rampashard van die Pretoria-Wes-polisiestasie het Maandag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn vir die moord op lt.kol. Reinier Lagois.

Lagois (42) is verlede maand koelbloedig by sy huis in Pretoria doodgeskiet, glo weens ʼn beweerde liefdesdriehoek. Rampashard is op 29 Januarie in verband met die moord in hegtenis geneem.

Staatsaanklaer Sipho Letsoalo het in die hof gesê buiten moord, staan Rampashard ook tereg op aanklagte van dwarsboming van die gereg en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die saak is tot 18 Februarie uitgestel wanneer Rampashard na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Lagois se liggaam is op 18 Januarie by sy huis in die Pretoriase Moot gevind. Altesaam 14 patroondoppies het op die toneel gelê en sy blougrys Toyota Corolla was vermis. Die motor is op 20 Januarie ongeveer 7 km van sy huis verlate langs die pad aangetref. Lagois was die hoof van ondersteuning by die Leote-polisiestasie.

Lees alle vorige berigte oor lt.kol. Reinier Lagois op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Sterkte aan die familie en vriende van Lagois. Al is die leun hoe snel die waarheid agter haal homwel.

Liewe lulu ·

Geen borg vir verkragters, moordenaars en rowers. Is dalk erens n petisie wat ons kan teken daarvoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.